FREE OPTIONS
Family friendly

Inni Middel Fees

Sat Nov 28, 10:00 - Sat Nov 28, 23:00

Steelcrest High School.

ABOUT

KOSMOS STEREO BIED AAN: INNI MIDDEL FEES 2026!


Op 28 November 2026 verander Steelcrest Highschool in Middelburg in die tuiste van een van die grootste feeste van die jaar – INNI MIDDEL FEES 2026!


Maak gereed vir 'n dag gevul met top kunstenaars, lekker kos, koue verversings, hope stalletjies, helikopterritte en 'n ongelooflike feesatmosfeer waar die hele familie saam kan kuier en herinneringe maak.


Op die verhoog:

Steve Hofmeyr

Jennifer Zamudio

Ruan Josh

Fran Prins

Dis Net Frederick

Met Daniel Hoffmann as MC wat die dag se verrigtinge gaan lei!


Adheti Entertainment sorg vir hope pret met springkastele, speelareas, gesigverf, kreatiewe aktiwiteite, borrel- en danspartytjies, fees-tattoos, 'n Nerf War Zone, Axe Throwing, Rage Paint en nog vele meer verrassings deur die dag!


Daar gaan ook 'n groot verskeidenheid stalletjies wees – van heerlike kos en verversings tot handgemaakte produkte, geskenke, klere, lekkernye, kuns, dekor en nog vele meer. Daar gaan werklik iets vir elkeen wees om te ontdek en te geniet!

Of jy nou saam met familie wil kuier, jou gunsteling kunstenaars wil sien optree, lekker wil eet of net die feesgees wil ervaar – Inni Middel Fees is die plek om op 28 November te wees!


VIP-kaartjies is ook beskikbaar en sluit 'n eksklusiewe area in die biertuin met tafels en stoele naby die verhoog in, asook 'n eie ry by die biertuin.


Kaartjies:

• Volwassenes – R150

• Pensionarisse – R100

• Onder 18's – R100

• 0–7 jaar – GRATIS

• VIP – R500


Kaartjies is beskikbaar by Quicket (let wel: Quicket voeg 'n diensfooi by die kaartjieprys) - https://www.quicket.co.za/events/376006-inni-middel-fees/?ref=link-campaign&lc=79155117


of direk by Kosmos Stereo, 192 Cowen Ntuli Straat, Middelburg. Kaartfasiliteite is beskikbaar


Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees!


Let wel: Inni Middel Fees 2026 is 'n kontantlose geleentheid. Geen kontanttransaksies sal op die feesgronde hanteer word nie.


Moenie hierdie dag van musiek, familiepret en onvergeetlike herinneringe misloop nie. Kry jou kaartjies vandag en wees deel van die fees waaroor almal gaan praat!


#InniMiddelFees2026 #KosmosStereo993FM #FeesVanDieJaar #Middelburg #DanielHoffmann #SteveHofmeyr #JenniferZamudio #RuanJosh #FranPrins #DisNetFrederick #AdhetiEntertainment #FamiliePret #LiveMusiek


DIRECTIONS

Inni Middel Fees
Steelcrest High School.
4 Springbok Ave, Kanonkop, Middelburg, 1055, South Africa
Get Directions