Maak vir Coenie Famous

About

Coenie Naude, 'n 27 jarige opkomende kunstenaar en onderwyser van Nelspruit skryf musiek en sing liedjies dat dit jou hoendervleis sal gee.

In 2019 het Coenie vir Hunter Kennedy by die Laeveldse Oktoberfest raak gesing - en hy het vir Coenie in kontak gesit met een van sy GROOTSTE mentors, Francois van Coke!


Baie eposse het tussen Coenie en Francois gevlieg...

Coenie kry toe weer 'n geleentheid om saam met Danie Du Toit van Spoegwolf 'n 'verhoog' te deel in 2020 (net so na die lockdown wat almal laat glo het 2020 is 'n jaar om te vergeet!) - maar verseker is dit Coenie se jaar wat hy vir altyd sal onthou!


Hierna word een van Coenie se grootste drome waar - Hy kry die geleentheid om by Van Coke Studios sy eerste EP te gaan opneem - alles onder Francois se bekwame leiding.

Francois het ook ingestem om saam met Coenie in een van sy liedjies te feature, en toe alles so mooi inmekaar val besluit Coenie hy vra sommer vir Danie ook en sonder enige huiwering is Danie IN SOOS GIN!


Daar is een talentvolle jong man en twee ongelooflike mentors wat hom verseker die 'Next Big Thing' gaan maak!


Coenie kort egter R60 000 om hierdie ongelooflike geleentheid aan te gryp, en daarom hierdie fondsinsameling!

Indien jy nie op hierdie skakel wil borg nie, kan jy vir ons 'n epos stuur op [email protected]



Additional information

Refund policy No refunds

Organiser

How can we help?