Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020 - Ottosdal

calendar
Wed Mar 18, 07:00 - Thu Mar 19, 14:00
location
Ottosdal Skougronde/Showgrounds

About

LAAT DIE NATUUR VIR JOU GELD MAAK | LET NATURE EARN YOU MONEY


HOOP VIR LANDBOU | HOPE FOR AGRICULTURE


’n Landbouweekblad-konferensie met die trotse samewerking van Graan SA en die Ottosdal-geenbewerkingsklub. | A Landbouweekblad conference in collaboration with Grain SA and the Ottosdal No-Till Club.


(The event details and programme is available in English on request.)


Herlewingslandbou is boere se kostedoeltreffende wapen teen stygende insetkoste en klimaatsverandering, deur natuurlike prosesse weer optimaal te laat funskioneer. Landbouweekblad, Graan SA en die Ottosdal-geenbewerkingsklub bring vanjaar weer wêreldbekende sprekers, plaaslike kenners en suksesvolle Suid-Afrikaanse boere (wat reeds hulle skoolgeld betaal het) byeen vir ’n Suid-Afrikaanse konferensie oor herlewingslandbou, om só hoop te bring vir honderde boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is.


DATUM EN PLEK

Woensdag 18 en Donderdag 19 Maart 2020

Ottosdal-skouterrein, Swartstraat, Ottosdal


KOSTE EN KAARTJIES

·     R1 800 per persoon vir albei dae.

·     Bespreek vroeg en betaal R1 650!

·     BTW, etes, verversings en ’n plaasbesoek (veldproewe) ingesluit.

·     Kaartjieverkope sluit op 1 Maart 2020.

·     Geen kaartjies is by die hekke te koop nie.

·     Geen toegang sonder bewys van die Quicket-kaartjie nie. Alle kaartjies word by die hek geskandeer.


HOOGTEPUNTE

·     ’n Boerepaneel met van Suid-Afrika se beste boere gaan hul verskillende perspektiewe, lesse, uitdagings en suksesse deel.

·     Plaasbesoek – gaan kyk na praktiese veldproewe van die vernuwende Riemland-studiegroep.

·     Uitstallings van verskeie diens- en produkverskaffers.


INTERNASIONALE SPREKERS

Dr. Jonathan Lundgren, ’n entomoloog en landbou-ekoloog, word beskou as een van Amerika se voorste landbouwetenskaplikes. Hy het in 2011 ’n eerbewys ontvang van oudpres. Barack Obama. Hy het 11 jaar lank as ’n landbouwetenskaplike vir Amerika se landbounavorsingdienste gewerk voordat hy die Blue Dasher Farm- navorsings-en-opleidingsinstituut gestig het. Sy navorsing is toegespits op die vestiging en behoud van gesonde biologiese gemeenskappe binne landboustelsels deur versteuring te verminder en diversiteit binne veral saaigebiede uit te bou. Hy gaan praat oor biodiver siteit en hoe dit plase kan laat herleef.


Dr. Kris Nichols word beskou as ’n wêreldleier in die beweging om landbougrond te laat herleef om gesonder kos te produseer. As grondmikrobioloog met 25 jaar ondervinding, lê sy klem op die bou van gesonde grond en die ontwikkeling van landboupraktyke wat minder sintetiese insette nodig het en erosie en kweekhuisgasse verminder. Sy was hoofwetenskaplike by die gesiene Rodale-instituut en ’n leidende navorser by die Amerikaanse departement van landbou. Sy gaan praat oor die belangrike funksie van grondmikrobes in herlewingslandbou en hoe dit bydra tot gesonde grond, plante en mense.


Dale Strickler was eens op ’n tyd erg skepties oor die waarde van bewaringsbewerking, maar deesdae pas hy nie net bewaringsbewerking toe op sy plaas in die Amerikaanse deelstaat Kansas nie, maar ook ultrahoëdigtheidsbeweiding. In sy rol as nasionale tegniese bestuurder vir Green Cover Seed, die voorste dekgewasmaatskappy in Amerika, werk hy nou saam met boere om herlewingslandbou op plase te vestig. Sy boek, The Drought Resilient Farm, is ’n samevatting van die lesse wat hy oor die jare geleer het oor hoe herlewingslandbou boere se veerkragtigheid merkwaardig kan verbeter.


VERBLYF OP OTTOSDAL

Bel Herman Kriel (083 776 7610) of Elsie Peens (083 584 2357).


TAAL

’n Professionele tolkdiens in Afrikaans en Engels gaan beskikbaar wees.


PROGRAM

Die volledige program is by dié skakel beskikbaar: https://www.netwerk24.com/landbou/Bedrywe/Bewaringsboerdery/2020-herlewingslandbou-konferensie-op-ottosdal-20200120


Location

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020 - Ottosdal
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
Koster St, Ottosdal, 2610, South Africa
Get Directions Get Directions

Organiser

How can we help?