Laerskool Eikestad Produksie - Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein
Tue Sep 11, 18:30 - Sat Sep 15, 20:30
Laerskool Eikestad Sportgronde.
ABOUT
TWEEBUFFELSMETEENSKOOTMORSDOODGESKIETFONTEIN
Vanjaar se produksie is propvol kleur, klank, dans en komedie. Die verhaal speel af in ‘n dorp genaamd Tweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfontein. Lodewyk (13), sy ma, pa en ouma is nuut op die dorp en word met ope arms ontvang deur hul buurvrou Susan en haar dogter Lisa (11).
Lisa vertel sommer met die intrapslag vir Lodewyk dat hierdie dorp ‘n baie interessante dorp is! Snags kom daar droomfeetjies en terwyl jy droom neem hulle jou in jou droom in en dan is jy régtig daar. Lodewyk is eers skepties, maar later gebeur daar dinge wat sy opinie verander.
Ouma sorg vir komedie met haar obsessie met voëlspesies en haar eerlikheid. Sy was ook ‘n gimnas op haar dag en haar sirkus droom is een van die hoogtepunte van die produksie.
Die goeie droomfeetjies, Klaas en Vaak, moet omtrent keer dat Spoil en Sport nie die mense se drome in nagmerries verander nie. Die klimaks van hierdie tweestryd word naby die einde uitgebeeld deur asemrowende danse, kleur, klank en lig!
Die produksie eindig met ‘n lekker wending wat talle vir laaaaank sal laat wonder.