FREE OPTIONS
Family friendly

SomerKlanke vir Deon Meiring

Sun Dec 13, 11:00 - Sun Dec 13, 18:00

Festa Restaurant

ABOUT

SOMERKLANKE – Vir Deon Meiring

Kom kuier op Sondag, 13 Desember 2026 by Festa (tussen Wellington en die Paarl) vir SOMERKLANKE – ’n somer-familiemusiekfees ten bate van ons vriend Deon Meiring (Glaskas) se herstelpad.


Hoekom ons saamstaan: Op Saterdag, 7 November was Deon buite Durbanville in ’n ernstige motorongeluk op pad huis toe vanaf ’n huiskonsert. Hy het verskeie beserings, insluitend veelvuldige bekkenbreuke, opgedoen en herstel tans in ’n rehabilitasiesentrum in die Paarl. Omdat sy herstelpad intensief en onbepaald is en hy vir eers nie kan optree nie, het vriende en mede-musikante hande gevat om hom te ondersteun met verlore inkomste, mediese versorging, die herstel van sy kitaar en om hom weer op die been te kry.


100% van alle winste uit hierdie geleentheid gaan direk na Deon.


Line-up

  • Spoegwolf
  • Van Der Aven
  • Luzelle
  • Dani Villé
  • Kruger & Tutu
  • MC: Andrea Hurter


Datum & Plek

  • Datum: Sondag, 13 Desember 2026
  • Plek: Festa (tussen Wellington en die Paarl)
  • Hekke open: 11:00


Wat om te verwag

  • Kindervriendelik: ’n Ontspanne familiemusiekfees waar kinders onder 12 gratis toegang kry.
  • Kos & drank: Kos en drankies is by die venue (Festa) beskikbaar. (Geen eie kos en drank)


Kaartjiepryse

  • Week 1: R200 per volwassene (23–29 Nov)
  • Week 2: R250 per volwassene (30 Nov – 6 Des)
  • Week 3: R300 per volwassene (7–13 Des)
  • Kinders onder 12: Gratis (bespreek steeds ’n gratis kinderkaartjie op Quicket om kapasiteit te help beplan; moet deur ’n volwassene vergesel word)


Kan jy nie die dag bywoon nie? Jy kan Deon steeds ondersteun of die boodskap deel via sy BackaBuddy-veldtog: https://backabuddy.co.za/campaign/deon-meiring


Bring die familie, geniet ’n dag vol goeie musiek in die Boland, en help ons om Deon te wys hoeveel mense agter hom staan.

DIRECTIONS

SomerKlanke vir Deon Meiring
Festa Restaurant
R301, Wellington, 7655, South Africa
Get Directions

DISCOVER