SomerKlanke

About

SOMERKLANKE – Vir Deon Meiring


Kom kuier op Sondag, 13 Desember 2026 by Festa (tussen Wellington en die Paarl) vir SOMERKLANKE – ’n somer-familiemusiekfees ten bate van ons vriend Deon Meiring (Glaskas) se herstelpad.


Hoekom ons saamstaan: Op Saterdag, 7 November was Deon buite Durbanville in ’n ernstige motorongeluk op pad huis toe vanaf ’n huiskonsert. Hy het verskeie beserings, insluitend veelvuldige bekkenbreuke, opgedoen en herstel tans in ’n rehabilitasiesentrum in die Paarl. Omdat sy herstelpad intensief en onbepaald is en hy vir eers nie kan optree nie, het vriende en mede-musikante hande gevat om hom te ondersteun met verlore inkomste, mediese versorging, die herstel van sy kitaar en om hom weer op die been te kry.


100% van alle fondse wat deur hierdie geleentheid ingesamel word, gaan direk na Deon.


Line-up

  • Spoegwolf
  • Van Der Aven
  • Luzelle
  • Dani Villé
  • MC: Andrea Hurter


Datum & Plek

  • Datum: Sondag, 13 Desember 2026
  • Plek: Festa (tussen Wellington en die Paarl)
  • Hekke open: 11:00


Kaartjiepryse

  • Week 1: R200 per volwassene (23-29 Nov)
  • Week 2: R250 per volwassene (30 Nov - 6 Des)
  • Week 3: R300 per volwassene (7-13 Des)
  • Kinders onder 12: Gratis (bespreek steeds ’n gratis kinderkaartjie op Quicket om kapasiteit te help beplan)


Kan jy nie die dag bywoon nie? Jy kan Deon steeds ondersteun of die boodskap deel via sy BackaBuddy-veldtog: https://backabuddy.co.za/campaign/deon-meiring

Bring die familie, geniet ’n dag vol goeie musiek in die Boland, en help ons om Deon te wys hoeveel mense agter hom staan.

Contact info