Hoërskool Jan van Riebeeck - 100-Feeskonsert!
Wed Oct 21, 19:00 - Wed Oct 21, 22:00
Cape Town City Hall
ABOUT
ONS 100-FEESKONSERT – 100 JAAR HOëRSKOOL JAN VAN RIEBEECK!
Soos ons eeufeesjaar stadig tot ’n einde kom, wil ons dit afsluit op ’n manier wat ons skool se mense, musiek, herinneringe en trotse tradisies vier.
Ons nooi daarom graag elke Jan van Riebeecker om hierdie baie spesiale geleentheid saam met ons te beleef:
Woensdag, 21 Oktober 2026
Kaapstad-stadsaal
19:00 – 22:00
Hierdie konsert gaan nie sommer net nog ’n skoolkonsert wees nie. Dit is ’n eeufeeskonsert – ’n viering van 100 jaar se stories, talente, vriendskappe, tradisies en mense wat oor ’n eeu heen deel van die Jan van Riebeeck-familie was.
Ons huidige leerders vorm die hart van hierdie besondere aand. Al ons leerders sal by dié konsert in ’n massa-item optree, en ons sien reeds uit daarna om hulle op die groot verhoog te sien. Ons skoolkoor, orkes en marimbagroep is reeds hard aan die oefen, en ’n besonderse alumnikoor word ook saamgestel. Die JvR-Tienertoneelproduksie sal ons aanbieding afrond.
En dan is daar nog ’n paar spesiale verrassings... ons is baie opgewonde om van ons bekende oud-Jan van Riebeeckers op die verhoog te verwelkom: Pietie Beyers, Luna Paige en ons seremoniemeester, Vilje Maritz!
Die aand word op ’n gepaste wyse afgesluit wanneer ons skoolkoor en al ons leerders saam sing – ’n herinnering dat ons, ongeag die jaar waarin ons hier was, steeds deel is van dieselfde groter verhaal.
As ’n trotse Jan van Riebeecker-familielid, behoort hierdie ’n aand te wees wat geen leerder, ouer of oudleerder sal wil misloop nie.
Ons vier nie net ’n honderd jaar nie – ons vier die mense wat die afgelope honderd jaar die trotse naam Hoërskool Jan van Riebeeck gedra het, die leerders wat dit vandag dra, en die generasies wat dit môre sal dra...
Kom en wees dus deel van hierdie een-keer-in-’n-leeftyd-viering!