Spontaan Jaarlikse Byeenkoms - Kom Sit Aan My Tafel | 29 November 2026

Sun Nov 29, 11:00 - Sun Nov 29, 14:00

Nice To Meat You

ABOUT

KOM SIT AAN MY TAFEL


Daar is iets aan ’n tafel.


Dis waar ons langer bly sit as wat ons beplan het. Waar daar geëet en gelag word. Waar gesprekke onverwags diep raak. Waar ons vir ’n oomblik ophou jaag en net weer mens kan wees.


En dis presies hoe Spontaan hierdie jaar saam met jou wil afsluit.

Nie met nog ’n funksie wat jy moet bywoon nie. Nie met ’n dag waar jy iets hoef te wees, te bewys of reg te kry nie.


Net ’n stoel. ’n Tafel. Heerlike kos. Ander vroue. En ruimte om net jy te wees.


Ons gaan saam eet. Ons gaan kuier en lag.


Maar daar is ook ’n boodskap op my hart wat ek daardie dag met julle wil deel.


’n Oomblik waar ons saam stil raak. Waar ons vir ’n rukkie die geraas van die jaar neersit en terugkeer na die Een om Wie Spontaan nog altyd gegaan het.


Jesus.


Want ons kom nie net tafel toe met die mooi dele van ons jaar nie.

Ons bring ook die swaar.


Die dinge waardeur ons moes bid.

Die gebede wat beantwoord is.

Die waarvoor ons steeds wag.

Die dele van onsself wat moeg geword het langs die pad.


En ek wil hê daar moet plek wees vir dit alles aan hierdie tafel.


Daar gaan oomblikke wees wat ons laat lag en oomblikke wat ons stil maak. Oomblikke wat ons dalk nog lank na die tyd saam huis toe vat.


En daarna gaan ons sommer net… kuier.


Geen gejaag nie. Geen propvol program nie. Net tyd om saam te eet, te gesels, mekaar te leer ken en teenwoordig te wees.


So trek iets aan waarin jy mooi voel, bring jouself en kom sluit die jaar saam met ons af.


Kom sit. Kom eet. Kom kuier. Kom wees net jy.


Sondag, 29 November 2026

11:00 vir 11:30

Nice To Meat You, Kempton Park

Dress code: Smart Casual

R380 per persoon

’n Heerlike Sondagete is by jou kaartjie ingesluit.

Drankies vir eie rekening.


Daar is plek vir jou aan die tafel.


DIRECTIONS

Spontaan Jaarlikse Byeenkoms - Kom Sit Aan My Tafel | 29 November 2026
Nice To Meat You
49 Fried St, Kempton Park AH, Kempton Park, 1619, South Africa
Get Directions