Hoezit Familiedag
Sat Feb 27, 10:30 - Sat Feb 27, 16:30
Lewende Woord Westerlig
ABOUT
Hoezit Familiedag met Francois Boyce
27 Februarie 2027 – ’n Pretdag vir die HELE gesin!
Hoezit Familie!
Maak jou kalender oop, skraap die familie bymekaar en kom geniet ’n volbloed Suid-Afrikaanse familiedag waar daar iets vir élkeen is!
Van die kleingoed tot die grootmense en die oumensies — niemand word by die huis gelos nie! Kom kuier, lag, eet, speel en geniet ’n dag propvol vermaak.
En dan… Francois Boyce! ????
Twee vertonings. Twee unieke ervarings. Een lekker dag!
Maar dit is nie nét oor die shows nie…
Die Hoezit Familiedag is ’n hele dag se pret vir die hele gesin én familie!
Flieks vir die kinders – GRATIS
Color Run – GRATIS
Springkastele – GRATIS
Pret en aktiwiteite op die terrein – GRATIS
Hope lekker kosstalletjies
Vermaak vir die hele gesin
Geen ouderdomsbeperking nie!
Die kinders kan speel, die grootmense kan kuier, almal kan lekker eet en tussenin kan jy jou asem skep met ’n vertoning wat jou laat lag én iets laat voel.
So bring jou mense, jou kinders, jou ouers, jou familie, jou vriende, jou eetlus en jou goeie sin vir humor.
Een dag. Die hele familie. Hope pret. Twee Francois Boyce-vertonings.
HOEZIT… sien jou daar!
Kaartjies vanaf nét R160 per persoon per show.