Hoezit Familie
About
Hoezit Familie!
Hoezit Familie is ’n gemeenskapsinisiatief wat mense bymekaarbring deur lekker, toeganklike en gesinsvriendelike geleenthede.
Ons skep geleenthede waar families, vriende en die breër gemeenskap kan saamkuier, lag, ontspan en nuwe herinneringe maak.
Ons glo goeie geleenthede gaan nie net oor wat op die program gebeur nie, maar oor die mense saam met wie jy dit beleef.
Hoezit Familie – Kom kuier. Kom lag. Kom maak herinneringe.