Family friendly

Grootbrak Boekeblaf

Sat Nov 7, 09:00 - Sat Nov 7, 17:00

NG Kerk Groot-Brakrivier, Kerksaal.

ABOUT

Die tweede Grootbrak Boekeblaf is hier!


Koop jou Dagkaartjie en kom geniet al sewe die opwindende boekgesprekke saam met ons teen slegs R390 p.p.!


Om 09:00 – Hannes Visser oor sy digbundel

"Tussen Asem" (in gesprek met Daniël Lötter).

Om 10:00 – Bets Smith oor haar roman

"Pompeii" (In gesprek met Sidney Gilroy)

Om 11:00 – Stef Kruger oor sy digbundel

"Ontrafel" (In gesprek met Riku Lätti)

Om 12:00 – Daniël Lötter oor sy boeke

"Waar die lammers nie suip nie" & "Douwenis" (In gesprek met Sidney Gilroy)


Om 13:00 is Middagete – Bring gerus jou eie

piekniekmandjie en iets nat! Koeldrank en ligte etes te koop ook.


Om 14:00 – Julio Agrella oor sy vyfde boek in sy speurreeks van Zeus van Wyngaardt, "Zeus van Wyngaardt en die labirinte van monsters" (In gesprek met Chanette Paul)

Om 15:00 – Allen Grootboom oor sy debuutroman "Die vuur huil" (In gesprek met Daniël Lötter).

Om 16:00 – Erla Diedericks oor haar spanningsroman "Jagspinnekop".

Om 17:00 – Afsluitingsboodskap met Hannes Visser.


Kaartjies vir die pragtige "Grootbrakstories" met stories uit die kontrei aangebied deur Daniël Lötter, Sidney Gilroy asook digter, Lluyle Arendse en musiek met Petronel Baard, Stef Kruger, Schalk Maas en Riku en Jackie Lätti vir Saterdagaand, is addisioneel beskikbaar op Quicket. R220 p.p.


Kaartjies vir die individuele gesprekke is beskikbaar teen R70 p.p. slegs by die deur.


Kaart Fasiliteite is beskikbaar.


Boekwinkel met al die boeke en meer is te koop ook vir kontant of kaart.


Volg ons ook op Facebook onder Grootbrak Boekeblaf.

DIRECTIONS

Grootbrak Boekeblaf
NG Kerk Groot-Brakrivier, Kerksaal.
Nederduitse Gereformeerde Kerk - Groot-Brakrivier, Langstraat, Bergsig, Groot-Brakrivier, 6525, South Africa
Get Directions