Dubbel die Pret: Harte-bliksems & Verkleur Vroutjie

Thu Sep 24, 17:30 - Thu Sep 24, 20:45

The Stage Coach at Santos Express

ABOUT

Harte-bliksems


Met: Anke Meyer-Auld en Norman Doubell

Tyd: 17:30–18:30


Wat gebeur wanneer liefde in die digitale era met die werklikheid bots? Harte-bliksems is ’n energieke, skreeusnaakse romantiese komedie oor die liefdesuitdagings van twee Afrikaanse enkellopendes. Verwag ongemaklike eerste afsprake, skreeusnaakse misverstande en onverwagse ontmoetings wat bewys dat ware liefde soms nader is as wat ons dink.


Verkleur Vroutjie


Met: Ilne Fourie

Teks en regie: Ilne Fourie

Taal: Afrikaans

Tyd: 19:30–20:45


Opera, skouspel, komedie of drama—hoekom nie sommer iets van alles nie? In VerkleurVroutjie bring Ilne Fourie ’n kleurvolle eenvrouvertoning propvol uiteenlopende genres, musiek en hope vermaak. Van Pavarotti tot hokkie-bokkie-sokkie-treffers, en van Rina Hugo tot Patricia Lewis—hier is iets vir elke smaak.

Maak gereed vir ’n mengelmoes-kultuurkardoes-tipsy-tert-KONSERT!


7 genres – 70 minute – 1 aktrise


Kaartjie-inligting

Datum: 24 September

Plek: The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai

Prys: R300 per persoon

Belangrik: Een kaartjie sluit toegang tot albei vertonings in.



Vir meer inligting bel asseblief: +27 44 691 1995


DIRECTIONS

Dubbel die Pret: Harte-bliksems & Verkleur Vroutjie
The Stage Coach at Santos Express
1 Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions