KINDER KAMPUS DRIEKAMP 2026
Sat Dec 5, 08:00 - Sat Dec 5, 12:00
Alhambra Farm
ABOUT

KINDER KAMPUS DRIEKAMP, meer as 'n driekamp: 'n avontuur vir die hele gesin op die plaas. Waar sport, pret en deursettingsvermoë bymekaar kom. Kom bou lewenslange herinneringe saam met jou kinders.
KKD is deel van die CERES KERSIEFEES se program en na 'n besige dag met sport, kan gesinne die dag op 'n perfekte manier afsluit met musiek, kultuur en stalletjies.
*GRATIS toegang tot die Ceres Kersiefees is ingesluit by die inskrywingsfooi.
DOEL: Om kinders aan die sport DRIEKAMP bloot te stel en al drie afdelings te doen in ‘n veilige omgewing, en dit te geniet! PRET is wet!
VENUE: KKD vind plaas op Alhambra plaas, Bo-Swaarmoed in Ceres. Swem in ‘n plaasdam (met ‘n seil uitgevoer), fietsry en draf is op ‘n plaaspad tussen die vrugteboorde en berge. Mid en Max resies beleef selfs ‘n stukkie “off road” met hul fiets.
STAP VIR STAP DEUR JOU DAG:
- Deelnemers meld ‘n uur voor hul wedloop by ontvangs aan (in die stoor). Daar is 4 ouderdoms-afdelings. Maak seker oor jou gegewe tyd.
- Elke deelnemer kry ‘n “goodie” sak met ‘n KKD hempie, swempet en ‘n wedloopnommer en verrassing.
- Daar is ‘n afgebakende area (oorgangsarea) waar deelnemers hul fiets los.
- 30 Min voor deelname sal jy ook jou tekkies en benodighede by jou fiets sit.
- Maak seker jy weet waar is die oorgangsarea se ingang en uitgang. Dit is nie dieselfde plek nie.
- 15 Min voor die wegspringtyd meld swemmers by aangeduide wegspring plek aan met swempet en brilletjie (indien gebruik).
- Seuns spring 5 min voor die meisies weg.
- Swemmers spring in ‘n bondel weg. Indien jy nie so sterk swemmer is nie, beveel ons aan jy staan meer agter.
- Soos jy klaar maak, hardloop jy na jou fiets in oorgangsarea. Trek jou tekkies en hempie aan en stoot jou fiets uit tot buite oorgangsarea.(Niemand mag binne die versperde area op hul fietse wees nie.)
- Spring op jou fiets en laat waai! Beamptes en aanwysings sal die roete aanwys.
- As jy weer terug is by oorgansarea, stoot jy weer jou fiets tot by sy plekkie waar jou ander goed is.
- Onthou om energie lekkertjies en koeldrank in jou sak te sit by oorgangsarea vir ekstra energie en bederfie!
- Jy het reeds jou tekkies aan, so jy kan net wegspring met jou draffie. Volg weer aanwysings en kyk uit vir die beamptes op die roete.
- Maak klaar met ‘n glimlag! Want PRET is die wet! Ons neem deel om dit te geniet! “High five” ‘n maatjie, help hom as jy moet en moedig mekaar aan!
VEILIGHEID:
- By ontvangs sal ‘n mediese stasie wees.
- GEEN persoon gaan in of naby die dam toegelaat word, behalwe in hul wedren.
SWEM:
- Lewensredders sal op die dam wees op kajaks vir alle swemmers.
- McFun (3-5 jr) hardloop hulle net deur sproeiers en is hul glad nie in die water nie.
- Mini (6-8jr) plas – dit beteken hulle mag kies of hul wil swem en of hul enkel / kniediepte wil hardloop deur die water. (Die seil kan bietjie glad wees op plekke.)
- Mid (9-12jr) 50m swem teen die kant van die dam. Swemmers wat naby die vlak kant wil bly, en nou en dan wil staan en rus, word toegelaat.
- Met die Max wedloop moet die deelnemers die gegewe afstand kan swem.
- Swemmers mag aan die kajaks vashou indien hul moeg is. Hulle kan dan rus en verder swem of hulle sal na die kant geneem word as al die ander swemmers uit die water is.
FIETSRY:
- Dra van valhelms word sterk aanbeveel.Dit bly elke deelnemer se verantwoordelikheid om sy/haar veiligheid eerste te stel.
- Ry aan die linkerkant van die pad. Hou die regterkant oop sodat ander deelnemers veilig verby kan gaan. “Keep left, pass right.”
DRAF:
- Dit word sterk aanbeveel dat deelnemers tekkies dra vir fietsry en hardloop.
TOERUSTING:
- Vir swem word daar ‘n swempet vir elke swemmer gegee. Dit is is ‘n vereiste om tydens hul swem afdeling te dra.
- Elke kind is verantwoordelik vir hul eie fiets en valhelm.
- Onthou ‘n handdoek, sonblok en ‘n hoed.
- Bring plakkies saam vir voor en na jou wedren. Die plaas het dorings, klippe en stokke.
PRYSE:
- Alle deelnemers wat die driekamp voltooi, kry ‘n medalje.
- ‘n Geskenkpakkie vir die seun en dogter wat wen in elke kategorie.
“A triathlon isn't about being the fastest - it's about being BRAVE enough to swim, bike and run with a smile." -unknown
OUDERDOMS AFDELINGS MET NODIGE INLIGTING
- Afstande
- Kostes
- Items ingesluit by inskrywingsfooi
- Wegspringtyd




INSKRYWING:
- Slegs ‘n sekere aantal inskrywings is beskikbaar per ouderdomsgroep.
- Met elke inskrywing, onderteken u die volgende vrywaring vir die dag:
VRYWARING:
“Deelname aan die Kinder Kampus Driekamp geskied op eie risiko.
Die organiseerders, borge en vrywilligers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, siekte, verlies of skade aan persoonlike eiendom wat tydens of na die byeenkoms mag voorkom nie. Deelnemers bevestig dat hulle medies geskik is en neem volle verantwoordelikheid vir hul eie deelname.”
EKSTRA AKTIWITEITE EN VERSNAPERINGS OP DIE DAG
- Snoepie
- Kosstalletjies
- Koffie & slushies
- Plaasmark met kersies en vars plaaslike vrugte
- ‘n Klein fietsbaan om te ry voor of na deelname vir pret (op eie risiko)
TOESKOUERS:
- Familie en vriende is baie welkom om die dag saam te kom geniet en die deelnemers aan te moedig en te ondersteun.
- Geen troeteldiere word op die plaas toegelaat nie.
- Bring asb ‘n kampstoel of piekniek kombers saam.
- Daar is ‘n spasie waar gesinne ook hul eie gazebo kan opslaan indien hul wil.
KANSELLASIE:
- Indien u kanselleer, sal slegs 80% van die fooie terug betaal word.
- Geen terugbetaling indien u binne 7 dae voor die KKD wedloop kanselleer.
- Inskrywings mag wel oorgegee word aan iemand anders – laat weet net wat die nuwe persoon se inligting is (‘n vorm moet ingevul word).
AANWYSINGS UIT CERES NA ALHAMBRA PLAAS:
- Ry 11km uit Ceres op die R46 (in die rigting van Touwsrivier)
- Draai regs by die Bo-Swaarmoed afdraai (Matroosberg / Klondyke)
- Ry nog 11km tot by die Alhambra plaasbord, draai regs op die grondpad.
- Ry 2 km tot by die Alhambra, Witzenberg Properties plaas ingang, links.
- Ry in by die plaas tot op die werf(plaveisel). Ry asb baie stadig op die plaas.
- Ry reguit aan op die plaas teerpad in die rigting van die berg.
- As die teerpad ophou, by woonhuise, draai links.
- Parkeer by aangewysde areas.
Google maps pin: https://maps.app.goo.gl/CXxg8MmqzAEHK8AY7?g_st=im
CERES KERSIEFEES 2026

Ons is baie opgewonde dat Kinder Kampus Driekamp die jaar deel vorm van die Ceres Kersiefees.
Met elke inskrywing by KKD, kry jy ook ‘n gratis toeganskaartjie tot die Ceres Kersiefees:
5 Desember 2026 vanaf 17:00 in Ceres. 'n Vol program met verskeie gaskunstenaars en stalletjies.
Gaan loer gerus op hul webtuiste vir meer inligting: www.cereskersiefees.co.za
