KINDER KAMPUS
About
KINDER KAMPUS DRIEKAMP 2026
KKD vind plaas op Alhambra plaas, Bo-Swaarmoed in Ceres. Om kinders aan die sport driekamp bloot te stel en elke afdeling te doen in ‘n veilige omgewing en te geniet!
Swem is in ‘n plaasdam, fietsry en draf is op ‘n plaaspad tussen die vrugteboorde en berge. Mid en Max resies beleef selfs ‘n stukkie “off road” met hul fiets.
Inskrywings word in 4 ouderdomsgroepe ingedeel:
McFun (3-5 jr)
Mini (6-8 jr)
Mid (9-10jr)
Max (11-13jr)
Koste: R500
Elke deelnemer kry 'n KKD hempie, KKD swempet, KKD goodie sakkie, wedrennommer en GRATIS toegang by die Ceres Kersiefees!
Die belangrikste: PRET is die wet!