Tafelberg Koorfees 2026
Mon Aug 3, 18:00 - Mon Aug 3, 20:00
Hoërskool Jan van Riebeeck
ABOUT
Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om weereens die TAFELBERG KOORFEES op Maandag, 3 Augustus 2026, aan te bied.
Kom geniet 'n aand van uitnemende koorsang in Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal, Kaapstad.
Die kore van Laerskool Jan van Riebeeck, Laerskool Excelsior, Laerskool Table View , Hoërskool Durbanville-Curro en Hoërskool Jan van Riebeeck neem deel aan hierdie spoggeleentheid.
Kaartjies beloop R50 en toegang vir kinders 13 jaar en jonger is gratis.
Versnaperinge en ligte etes sal vanaf 17:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck se restaurant (Café Jan) beskikbaar wees.
Moenie hierdie besondere konsert misloop nie.