Family friendly

Lourensford - Somerset Wes

Sat Dec 5, 18:30 - Sat Dec 5, 22:00

Lourensford

ABOUT

Lourensford lê aan die voet van die Helderberge, 'n besonderse plek.


Hierdie is die 5de keer wat ek my musiek teen die hange van hierdie berge kan laat eggo, en ek ag dit as 'n buitengewone voorreg om dit saam met julle te kan beleef.


Dit gaan soos altyd ‘n spesiale ervaring saam met julle wees. Ek bring uitstekende musikante saam met my, en beplan om julle mee te voer na al die mooi en vry plekke binne jou.


Kom WEES saam by Lourensford


Hekke open 17:00, daar is allerhande lekker kosse te koop, en natuurlik net die beste wyn wat Lourensford het om te bied.

(Ongelukkig word geen Piekniek-mandjies toegelaat nie)


Bring jou piekniek-kombers en stoele


Daar is NET 300 kaartjies, en jy kan kies wat jy wil betaal tussen R150 (vir kinders tussen 7 - 12) volwassennes R250 en R300.

Hierdie kaartjies is almal presies dieselfde, maar as jy voel jy wil meer betaal vir jou kaartjie omdat jy goeie musiek geniet, kan jy nou kies om dit te doen.


*kinders onder 6 is gratis en baie welkom!


En dan, die belangrikste: die SHOW BEGIN 19:00.

DIRECTIONS

Lourensford - Somerset Wes
Lourensford
Lourensford Road, Somerset West, Cape Town, 7130
Get Directions