Family friendly

Konsert : Van die Ooste tot die Weste bly Doemsies die beste!

Fri Sep 4, 18:00 - Fri Sep 4, 21:00

Kaleideo Kerk

ABOUT

Doemdoemsies Kleuterkampus Konsert 2026


Van die Ooste tot die Weste bly Doemsies die Beste


Pak jou tasse en reis saam met ons op 'n onvergeetlike avontuur om die wêreld!


Die ooievaars vlieg oor berge, riviere en oseane om die perfekte skool vir elke klein maatjie te vind. Hulle reis van die Ooste tot die Weste, ontmoet verskillende lande, kulture en mense, totdat hulle uiteindelik een besondere plek ontdek...


Geniet 'n kleurvolle aand vol musiek, dans, glimlagte en wêreldse verrassings soos ons Doemsiemaatjies hul talent ten toon stel in 'n hartroerende produksie wat wys dat, maak nie saak waar jy in die wêreld soek nie...


Van die Ooste tot die Weste bly Doemsies die Beste!


Datum: Vrydag, 4 September 2026

Deure open: 17:30 (Geen vroeër toegang nie- alle sitplekke is geallokeer.)

Konsert begin stiptelik: 18:00


Bring die hele familie en kom deel in hierdie spesiale reis vol lag, liefde, kleur en onvergeetlike herinneringe. Ons sien daarna uit om julle saam met ons op hierdie wêreldreis te neem!

DIRECTIONS

Konsert : Van die Ooste tot die Weste bly Doemsies die beste!
Kaleideo Kerk
Fiskaal St, Glen marais, Kempton Park
Get Directions