“O meno o pouse”- ’n kabaret vol humor, hartseer en hoop.
Mon Aug 10, 18:30 - Mon Aug 10, 20:00
The Stage Coach at Santos Express
ABOUT
The Stage Coach by Santos Express bied aan: O meno o pouse
Vrouedag, Maandag, 10 Augustus
Hierdie besondere kabaret is geskryf deur P.G. du Plessis, een van Afrikaans se mees ikoniese en geliefde skrywers. Sy skryfwerk het geslagte Afrikaners aangegryp met sy unieke vermoë om humor, hartseer en menslikheid saam te weef. Hierdie produksie bring weer sy kenmerkende vertelstyl na die verhoog.
"O meno o pouse" is 30 jaar gelede spesiaal vir Arina de Witt geskryf, maar is destyds nie opgevoer nie. Nou kry gehore uiteindelik die geleentheid om hierdie besonderse juweel te beleef.
Die verhaal volg Bets, 'n vrou wat 'n leeftyd lank gewag het – vir liefde, vir die regte tyd en vir haar drome. Met humor, deernis en hoop ontdek sy dat dit nooit te laat is om weer te begin leef nie.
Datum: 10 Augustus 2026
Tyd: 18:30
Prys: R200 per persoon
Plek: The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai
Sitplekke is beperk. Bespreek vroeg en kom geniet ’n besondere aand se teater.
Vir meer inligting bel asseblief: +27 44 691 1995