Die Begrafnisrede
Fri Sep 4, 18:00 - Fri Sep 4, 21:00
5 Chief Mgiyeni Khumalo Dr
ABOUT
Jubel Kuierfees nooi jou saam na die bekende produksie getiteld “Die Begrafnisrede”.
Om die tydelike met die ewige te verwissel kom met sy eie uitdagings. Basies is dit dieselfde proses as om ‘n bruilof te reël – blomme, spyseniering, vervoer, uitrustings – die enigste groot verskil is: jy kan nie kies om dit NIE by te woon nie.
Gelukkig kom Gabriel van Gabriel & Seun Budget Funeral Home tot jou redding wanneer jy hul die nodigste het. Hulle welbekende begrafnisonderneming se slagspreuk sê dit alles: Ons is hier vir jou wanneer jy nie meer is nie. Maar wat gebeur as Gabriel Jnr sy Pa, die begrafnismagnaat, se besigheid in ‘n oogwink moet oorneem?
Dit lei natuurlik tot katastrofiese gevolge en verwarring.
Die Begrafnisrede is ‘n slim komedie wat die humor raaksien in die laaste paragraaf van die boek van die lewe. Die kleurvolle karakters vertolk die storie van ‘n ontmoetingspunt tussen hoogmoed, hartseer, trauma en geheime – alles natuurlik met tong in die kies.
Lag gaan jy saam lag, vir die skreeusnaakse karakters wat ons al almal by dié byeenkomste gewaar het.
Weet verseker dat agter hierdie absurde verhaal, lê ‘n bitter mooi storie wat jy nie sien kom nie.
Kom kuier saam die Vrydag aand, 4 September 2026, 18h00. Die produksie word aangebied op ons verhoog in die Kerksaal.
Ons bied 'n klein snoepie aan voor die produksie begin met kaart fasiliteite.
Kom kuier saam NG Witrivier gemeente, hierdie produksie vorm deel van ons Jubel Kuierfees wat ons aanbied op 5 September 2026.
Kry vandag nog jou kaartjie op Quicket.