Die "Real Housewife
Sat Aug 22, 10:00 - Sat Aug 22, 13:00
5 Chief Mgiyeni Khumalo Dr
ABOUT
Ng Witrivier nooi al ons Laeveld Dames om saam te kom kuier!
Op 22 Augustus 2026, bied ons gemeente 'n heerlike dames oggend aan met Lizz Meiring se produksie - Die Real Housewife!
Kaartjie vir die produksie begin op R250. Ons sit 6 dames aan 'n tafel.
Ons bied heerlike kos stalletjies aan om van te kies en te koop, wat jou mond sal laat water!
In hierdie splinternuwe solostuk, waarin Lizz haar eiesoortige karakterskildery op die verhoog bring, gaan jy jou dikwels aan die lag vang, en dalk sal jy jou kop skud van verbasing.
Dit is die soort humor wat nie net spot met die “realiteit tv” sterre nie, maar hulle ook op die spits dryf! Jy kan nie anders nie – jy begin dalk jou eie stereotipes van daardie “perfekte” vrou en haar wêreld oordink. En, net dalk, herken jy iets van jouself of dalk ‘n vriendin wat in heelwat van die situasies van die karakter pas.
Bespreek jou kaartjie vandag op Quicket!