TV & Stromer | TV & Streamer: Die Bom
Thu Aug 20, 18:30 - Thu Aug 20, 19:45
Theatre on The Bay
ABOUT
TELEVISIE- EN STROOMDIENS-INHOUD | TELEVISION AND STREAMER CONTENT
Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Loodsepisodes van drama- en
dokumentêre reekse, asook realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf.
Since 2023, the Silwerskerm programme line-up started to include sneak peeks of television and streamer content as a vibrant addition to the festival. This means the Afrikaans film content landscape is now hosted, stimulated andcelebrated in its entirety at the unique networking opportunity the festival offers. Pilot episodes of drama and documentary series as well as reality and entertainment shows are screened, and these storytellers enjoy the glitz and glamour of the festival alongside their filmmaking peers.
Die Bom
GENRE: Geskiedkundige dokumentêr | Historical Documentary
REGISSEUR | DIRECTOR: Pieter Steyn
VERVAARDIGER | PRODUCER: Minette van der Walt
SKRYWER | WRITER: Pieter Steyn
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Dirk Smit, Theo Crouse
KLANKBAAN | SOUNDTRACK: Edward George King
KLANKONTWERP | SOUND DESIGN: Adi van der Walt
REDIGEERDER | EDITOR: Adi van der Walt
ROLVERDELING | CAST: Prof. Jo-Ansie van Wyk, Prof. Andrè Buys, Prof. Anna Mart van Wyk, Rodney Wilkinson, Barend du Plessis, Riaan Cruywagen
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Van Woud
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 13V L
Nog nooit was die wêreld se naby aan ’n kernoorlog soos nou nie. Die sogenaamde “Doomsday Clock” staan op 85 sekondes voor middernag. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld wat sy eie kernbomme gebou en vrywillig gedemonteer het. Dis ’n verhaal van uiterste geheimhouding, spioenasie, terreur en politieke intrige, wat ook ’n noue verband met Suid-Afrika se kernkragprogram en die rol van die Koeberg-kernkragsentrale het.
Never before has the world been as close to nuclear war as it is today. The so-called “Doomsday Clock” stands at 85 seconds to midnight. South Africa is the only country in the world to have built its own nuclear weapons and then voluntarily dismantled them. It is a story of extreme secrecy, espionage, terror, and political intrigue that is also closely linked to South Africa’s nuclear energy programme, including the role of the Koeberg Nuclear Power Station.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: