kykNET Silwerskermfees 2026
About
Stories was nog altyd noodsaaklik vir mense om sin van hul bestaan te maak. Die kykNET Silwerskermfees is ’n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 13 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Dit is hiér, in die betowerende Kampsbaai, waar oorspronklike Suid-Afrikaanse stories jaarliks gekoester en gevier word.
Saam met die wêreld- of Suid-Afrikaanse premières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms en kort dokumentêre wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is. Kortfilms deur ervare filmmakers is daarop gemik om gehore te roer en opkomende talent te inspireer. Die propvol feesprogram sluit paneelbesprekings, werkswinkels en bedryfsgerigte meesterklasse in wat deur bekende plaaslike en internasionale kenners aangebied word. Die gesogte Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie vereer uitstaande prestasies. Die Silwermark bied by die fees die geleentheid vir inpersoonvoorleggings in ’n verskeidenheid inhoudskategorieë. Die fees wys ook uitgesoekte films elders in Kaapstad met opwindende gratis gemeenskapsvertonings in onderbediende woonbuurte.
Ons bly verbind tot die volgende doelwitte:
• Die uitbou van die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf
• Ontwikkeling van gehore
• Opleiding en mentorskap
• Bevordering van plaaslike inhoud, nasionaal en internasionaal
• Sosiale kohesie en gesonde diskoers
Geniet asseblief die fees, en mag die volkleurbelewenis van ons eie magiese stories jou inspireer!
Stories have always been essential for people to make sense of their existence. The kykNET Silwerskerm Festival is a highly regarded South African and Afrikaans film and content festival that has supported, empowered and developed the local industry for the past 13 years. It is here, in the enchanting Camps Bay, where original South African stories are cherished and celebrated annually.
Alongside the world or South African premieres of the latest feature films, the Silwerskerm Festival showcases the work of emerging talent in a diverse range of short films and short documentaries produced with the festival’s financial support and mentorship. Short films by experienced filmmakers aim to move audiences and inspire emerging talent. The packed festival programme includes panel discussions, workshops and industry-focused master classes led by leading local and international experts. The prestigious Silwerskerm Awards for Film and Television honour outstanding achievements. The Silwermark content mart, held during the festival, offers the opportunity for in-person pitches across a variety of content categories. The festival also screens selected films elsewhere in Cape Town, with exciting free community screenings in underserved neighbourhoods.
We remain committed to the following objectives:
• Expanding the South African film and TV industry
• Audience development
• Training and mentorship
• Promoting local content, nationally and internationally
• Social cohesion and healthy discourse
Enjoy the festival! May the full-colour experience and the magic of our own homegrown stories inspire you.