Nelspruit - Ek,my klavier en my Katedraal
Sun Oct 25, 14:00 - Sun Oct 25, 17:00
18 Symphony St
ABOUT
Ek bring vir julle ‘n intieme musiek ervaring in die vorm van ‘n “Huisoptrede”. Verbeel jouself ‘n kuier saam met vriende, goeie musiek, Tapas, en die beste wyn(L’Avenir). Om die somersmiddag mooi af te rond, bring ek my goeie vriend Dehan von Solms saam om sy kunswerke vir die eerste keer in Nelspruit te kom deel.
Ons nooi julle uit om te kom deel wees van iets besonders.
Die kaartjies is R500p/p en sluit die vertoning sowel as jou Tapas en wyn in.
Daar is slegs 70 kaartjies beskikbaar.
14:00 - Gaste ariveer
14:00 - 15:00 Tapas, wyn en kuns
15:00 - 16:30 Optrede
17:00 - Gaste vertrek