Volhoubare landboukonferensie: Bitterfontein

Sat Aug 22, 08:00 - Sat Aug 22, 15:00

Bitterfontein Landboustoor

ABOUT

Landbouweekblad in samewerking met die Bitterfontein-landbouvereniging bied eersdaags ’n volhoubare landboukonferensie aan.


Kom dink saam oor oplossings vir volhoubare boerdery vir boere van Bitterfontein en omliggende distrikte. Kom gesels saam oor weerdata en veldbelading, mynaansoeke, ’n eie Namakwalandse handelsmerk en vele meer.


Datum: 22 Augustus 2026

Tyd: 08:00 tot 15:00

Plek: Bitterfonteinlandbousaal


Sprekers en temas:

  • Die veld van Namakwaland: Wat groei daar? Hoe lank lewe die plante? Wanneer groei hulle? Hoe reageer hulle op reën, droogte en beweiding? – dr. Helga van der Merwe, ariede stelsels-ekoloog by SAEON
  • Hoe moet boere optree as daar prospekteer- en mynaansoeke op hul grond is? – Kobus en Katrin Visser, boere van Kliprand
  • Só kan boere weerdata en veldtoestande aanwend om by die regte veebelading uit te kom – prof. Beatrice Conradie, Universiteit Kaapstad
  • BOEREPANEEL: Kan ’n eie handelsmerk vir Namakwalandse skaapvleis werk. Wat is die potensiaal, voor- en nadele? – Tiaan Barkhuizen, Morné Fouche en Sybrand Venter
  • Ons ondervinding met Lamb & Legacy, vyf Karooboere se eie vleishandelsmerk – Sybrand Venter, boer van Carnarvon
  • Die beste versekering vir skaapboere – Andries Wiese, Hollard


Kaartjies kos R150


Navrae: [email protected]


DIRECTIONS

Volhoubare landboukonferensie: Bitterfontein
Bitterfontein Landboustoor
Bitterfontein, 8200, Suid-Afrika
Get Directions