TV & Stromer | TV & Streamer: Meer as warm gloede
Fri Aug 21, 17:00 - Fri Aug 21, 18:15
Theatre on The Bay
ABOUT
TELEVISIE- EN STROOMDIENS-INHOUD | TELEVISION AND STREAMER CONTENT
Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Loodsepisodes van drama- en
dokumentêre reekse, asook realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf.
Since 2023, the Silwerskerm programme line-up started to include sneak peeks of television and streamer content as a vibrant addition to the festival. This means the Afrikaans film content landscape is now hosted, stimulated and celebrated in its entirety at the unique networking opportunity the festival offers. Pilot episodes of drama and documentary series as well as reality and entertainment shows are screened, and these storytellers enjoy the glitz and glamour of the festival alongside their filmmaking peers.
Meer as warm gloede
GENRE: Dokumentêr | Documentary
REGISSEUR | DIRECTOR: Hanneke Schutte
UITVOERENDE VERVAARDIGER | EXECUTIVE PRODUCER: Hermi King
REDIGEERDER | EDITOR: Gideon Breytenbach
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Damiane van Reenen
KLANKBAAN | SOUNDTRACK: Lucinda Bosch
ROLVERDELING | CAST: Antoinette Louw, Vania Cloete-Collison, Amelia van Zyl, Maritza Breitenbach, Melanie Verwoerd, Elsabe Brits
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: MrsKing Productions
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 13SL
Meer as warm gloede is ’n vierdelige Afrikaanse dokumentêre reeks wat die stilte en mites rondom menopouse oopbreek. Deur Antoinette Louw se persoonlike reis ontmoet ons Suid-Afrikaanse vroue en kenners wat eerlik praat oor wat werklik verander: van slaap, vel, hare en emosies tot breinfunksie, hormone, identiteit, verhoudings en intimiteit. Die reeks vra nie net wat met vroue se liggame gebeur nie, maar ook hoekom so min van ons daarop voorberei is.
Meer as warm gloede is a four-part Afrikaans documentary series that breaks open the silence and myths surrounding menopause. Through Antoinette Louw’s personal journey, we meet South African women and experts who speak honestly about what truly changes: from sleep, skin, hair and emotions to brain function, hormones, identity, relationships and intimacy. The series asks not only what happens to women’s bodies, but also why so few of us are prepared for it.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: