No under 13s

Onafhanklike kortfilm | Independent Short Film: Bosryer + Kortfilms | Short Films: Poppy op die heuwel + As ek kon kies

Sat Aug 22, 15:15 - Sat Aug 22, 16:15

Theatre on The Bay

ABOUT

ONAFHANKLIKE KORTFILMS | INDEPENDENT SHORT FILMS


Die Silwerskermfees bou daarop voort om sy aanbod van onafhanklike kortfilms uit te brei. Tradisioneel was die meerderheid kortfilms wat by die fees vertoon is, geïnisieer, gefinansier en gementor deur die Silwerskermfees-kortfilmprojek. Hierdie jaar spog die fees weer met onafhanklike kortfilms deur plaaslike filmmakers in ’n verskeidenheid genres en tale.


The Silwerskerm Festival builds on its offering of independent short films. Traditionally the majority of short films screened at the festival was initiated, financed and mentored by the Silwerskermfees Short Film Project. This year, yet again, the festival boasts independent short films by local filmmakers in a variety of genres and indigenous South African languages.


Bosryer


GENRE: Riller, drama, neo-western | Thriller, drama, neo-western

REGISSEUR | DIRECTOR: Aadil Dhalech

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Fabian Vettiger

ROLVERDELING | CAST: Nicole Fortuin, Daniel Mpilo Richards, Sherman Pharo and Earl Hendricks

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Protagonist Studios, Patriot Films and The Be Phat Motel Film Company


Jody, ’n sterk jong vrou, woon en werk op ’n perdeplaas in die Klein-Karoo. Nadat Dino, die aantreklike stalkneg, haar geleer het om perd te ry, raak sy verlief op hom. Kort voor lank ontdek Jody dat Dino ’n dwelmverslaafde was en diep in die skuld is by Saalie, die plaaslike bendebaas en dwelmhandelaar. Om sy skuld af te betaal, werk Dino as ’n bosryer wat snags in die maanskyn tik te perd vervoer om die polisie te ontduik. Wanneer Dino weer begin dwelms gebruik, moet Jody die gevaarlike rit namens hom doen – anders word hy vermoor. Jody bewys haarself as bedrewe bosryer en bevind haarself skielik in diep moeilikheid.


Jody, a tenacious young woman, lives and works on a horse farm in the Klein Karoo. After Dino, the handsome stable hand, teaches her to ride horses, she falls for him. Soon, Jody discovers Dino is an ex-addict, indebted to Saalie, the local kingpin who runs a drug trafficking operation. To work off his debt, Dino works as a “bosryer” (bush rider) running tik (crystal meth) on horseback by moonlight to evade the police. When Dino relapses, Jody is forced to do the dangerous run on his behalf – or he will be killed. Jody proves herself to be a very capable “bosryer” and finds herself in a world of trouble.




KORTFILMPROJEK – Gevestigde filmmakers | SHORT FILM PROJECT – Established filmmakers


Dié kategorie wat gevestigde filmmakers befondsing en ’n geleentheid bied om hul vakmanskap ten toon te stel, is vir die derde jaar deel van die fees. ’n Voorwaarde vir deelname aan hierdie kategorie is dat die filmmakers ook minder ervare tegniese spanlede moet mentor.


This category, which offers established filmmakers funding and a platform to showcase their craft at the festival, is part of the festival for the third time this year. A condition for participation in the category is that the filmmakers mentor less-experienced team members.


'n Poppy op die heuwel


GENRE: Drama

REGISSEUR | DIRECTOR: Winford Collings

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Gray Kotze

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Winford Collings

ROLVERDELING | CAST: Lauren Joseph, Marunzo Thomas, Charlene le Roux and Maurice Carpede

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Winnow Productions

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 10-12 PG


Wanneer hul geliefde ouma Poppy sterf, keer Laila en haar broer, Josh, terug na die Namakwalandse plaas waar hulle die grootste deel van hul lewe deurgebring het. Vir Laila is een ding seker: Poppy moet langs haar ouers begrawe word in die grond waarop geslagte van hul familie gewoon het. Maar die plaas het intussen van hande verwissel, en die nuwe eienaars weier toestemming vir die begrafnis. Laila weier om dit te aanvaar en besluit om Poppy se wens te vervul. Maar wat beteken dit werklik om dié wat ons verloor het te eer? En wat is die prys wat jy moet betaal om ’n verlede op te eis wat nie meer plek vir jou het nie?


When their beloved grandmother Poppy dies, siblings Laila and Josh return to the Namaqualand farm where they spent most of their lives. For Laila, it’s clear: Poppy must be buried beside her parents on the land where generations of their family once lived. But the farm has changed hands, and the new owners deny permission for the burial . Laila refuses to accept this and decides to fulfil Poppy’s wish. But what does it truly mean to honour those we have lost? And what does it cost to claim a past that no longer has a place for you?



As ek kon kies


GENRE: Drama

REGISSEUR | DIRECTOR: Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Gray Kotze

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst, Beata Bena

ROLVERDELING | CAST: Beata Bena, Anoecha Kruger, Josh Riley, Andahr Cotton, Ephraim Gordon, Sherman Pharo

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Unusual Bones

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 10-12 PG L


Kyleigh vier haar verlowing gedurende ’n kerkdiens as ’n bevestiging van die lewe wat sy gekies het: een van geloof, familie en gemeenskap. Maar wanneer Lara, ’n vrou wat sy eens liefgehad het, stilletjies by die kerk inloop, verander die stemming van die oggend. Die twee vrouens knoop ’n vriendelike gesprek aan, en die verlede vly haar teen die hede aan. As ek kon kies ondersoek hoe een oomblik alle sekerhede kan laat wankel en vra of die liefde wat jy kies, die liefde is wat jy glo jy verdien.


During a church service, Kyleigh celebrates her engagement as an affirmation of the life she has chosen: one of faith, family and community. But when Lara, a woman she once loved, quietly enters the room, the mood of the morning shifts. As they make polite conversation the past starts pressing gently but persistently against the present. As ek kon kies examines how one moment can shatter certainty, and it asks whether the love you choose, is the love you believe you deserve.




VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

Teken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter

DIRECTIONS

Onafhanklike kortfilm | Independent Short Film: Bosryer + Kortfilms | Short Films: Poppy op die heuwel + As ek kon kies
Theatre on The Bay
Link Street, Camps Bay, Cape Town, 8005
Get Directions