André & Tiaan - Vat My Saam
Sat Sep 19, 19:00 - Sun Sep 20, 00:00
Ou Skip Holiday Resort
ABOUT
André Huysamen en Tiaan Grundling bring hul gewilde “Vat My Saam”-produksie na die Ou Skip Holiday Resort in Melkbosstrand op 19 September 2026!
Datum: Saterdag, 19 September 2026
Tyd: 19:00 – 00:00
Plek: Ou Skip Holiday Resort, 1 Ou Skipweg, Melkbosstrand, Wes-Kaap, Suid-Afrika, 7441
Kaartjies: R100 per persoon
Besprekings: https://www.quicket.co.za/events/379665-andr-tiaan-vat-my-saam/
Let wel: Quicket se addisionele besprekingsfooi van R13.14 per kaartjie is van toepassing!
Hierdie spesiale vertoning word gekombineer met ’n heerlike mandjiedans, so stof jou dansskoene af en maak gereed vir ’n onvergeetlike aand van musiek, dans en lekker kuier.
Sing en sokkie saam op gunsteling treffers soos “Rooiwynlippe”, “Sakkie van Hentiesbaai”, “Son, See & Soen”, “Klop-Klop”, “Vat My Saam” en vele meer.
Bring gerus jou eie eet- en drinkgoed saam en kom geniet ’n aand vol goeie musiek, lekker mense en onvergeetlike herinneringe saam met ons.
Verblyfbesprekings kan direk by Ou Skip Holiday Resort gemaak word. Kontak hulle gerus by +27 (0) 21 553 2058 of stuur 'n e-pos na [email protected].
Besoek hul webtuiste by https://www.ouskip.co.za om meer te lees oor die verskillende akkommodasie-opsies wat beskikbaar is en jou verblyf betyds te bespreek.