Liefde KOSMOS Niks
Sat Jul 4, 10:00 - Sat Jul 4, 13:00
City on a Hill Church International
ABOUT
(English below) Liefde KOSMOS Niks 'n Oggend wat liefde gee, en boonop lekker kos.
Liefde KOSMOS Niks is 'n fondsinsamelingsoggend vir Rethabile Kinderhuis. Die naam is 'n speletjie met woorde: liefde kos mos niks, maar 'n kinderhuis vir 150 kinders kos baie. Dis hoekom ons hierdie oggend hou.
Die sop word geskenk deur 'n groep goedhartige vrywilligers, en die meeste ander koste (venue, eetgerei, bordjies) is ook geborg. Alle wins van jou kaartjie gaan reguit na die huis, na kos, klere, vervoer, mediese sorg en daaglikse versorging van 150 kinders.
Jy kom geniet 'n speciale oggend. Hulle kry 'n veilige tuiste.
Spesiale gas: René Louw Ons is bevoorreg om die bekende aanbiddingsleier en liedjieskrywer, René Louw (van GR Worship) by ons te hê. René, een van Klerksdorp se eie, lei aanbidding by gemeentes en byeenkomste regdeur Suid-Afrika.
Wat om te verwag Heerlike sop. Die kinders van Rethabile het 'n paar verrassings in die mou, maar hulle hou dit streng geheim. 'n Aanbiddingsoomblik saam met René. Gesinspret vir oud en jonk. Bring oupa, ouma, die kleintjies en die bure. Die hele gesin is welkom.
Want waar liefde gegee word, groei hoop.
Kaartjies Volwassenes R150 · Kinders R100
Kan jy dit nie maak nie? Jy word uitgenooi om eerder te skenk. Kies die "Skenking" opsie wanneer jy bespreek. Elke rand help, en jy kry steeds die warm gevoel sonder om uit jou huis uit te kom.
Bring saam (opsioneel) Bring asseblief 'n klein noodsaaklikheid saam, soos lank-houdbare kos of toiletware, om die huis verder te seën.
Oor Rethabile Ons is 'n 24-uur sorgfasiliteit waar 150 kinders 'n veilige tuiste het. Hulle kry drie etes 'n dag, mediese en sielkundige sorg, vervoer skool toe, en bo alles, waardigheid. Hulle is hier omdat hulle in nood van sorg en beskerming was. Hulle bly hier omdat iemand omgee.
---
Liefde KOSMOS Niks A morning that gives love. And serves great soup.
Liefde KOSMOS Niks is a fundraising morning for Rethabile Children's Home. The name is an Afrikaans pun: liefde kos mos niks, "love costs nothing", but running a home for 150 children costs quite a lot. Which is why we're hosting this morning.
The soup is donated by a group of generous volunteers, and most other costs (venue, crockery, cutlery) are sponsored too. All proceeds from your ticket go straight to the home, to food, clothing, transport, medical care, and the daily care of 150 children.
You come enjoy a great morning. They get a safe home.
Special guest: René Louw We're privileged to have well-known worship leader and songwriter, René Louw (of GR Worship) joining us. René, one of Klerksdorp's own, leads worship at churches and events across South Africa.
What to expect Delicious soup. The Rethabile kids have a few surprises in store for you (we're not giving it away). A worship moment with René. Family fun for young and old. Bring grandparents, kids, and neighbours. Everyone is welcome.
Where love is given, hope grows.
Tickets Adults R150 · Children R100
Can't make it? You are invited to donate instead. Choose the "Donation" option when you book. Every rand helps, and you still get the warm feeling without leaving the house.
Bring along (optional) Please consider bringing a small essential item, such as non-perishable food or toiletries, to further bless the home.
About Rethabile We are a 24-hour care facility where 150 children have a safe home. They receive three meals a day, medical and psychological care, transport to school, and above all, dignity. They are here because they were in need of care and protection. They stay here because someone cares.