Hoort

Sat Jun 13, 18:30 - Sat Jun 13, 20:00

The Stage Coach at Santos Express

ABOUT


HOORT met Stephanie Baartman en Coenraad Rall op klavier is ’n semi-outobiografiese kabaret wat jou sal laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk.


Jy ken dalk vir Stephanie as Bibi op Getroud met Rugby of Lettie van Diepe Waters, maar hierdie produksie wys ’n heel ander kant van haar talent. Met humor, patos en ’n unieke mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies vertel HOORT die verhaal van behoort, identiteit en selfontdekking.


Wenner van die Woordtrofee 2025 vir uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek en benoem vir:

• Beste musiekteater – KKNK 2026

• Beste prestasies in ’n solo-vertoning – Fiëstas

• Beste kontemporêre musiekvertoning: Podium – Fiëstas


The Stage Coach | Santos Express

13 Junie 2026

18:30

R180


Bespreek jou kaartjies op Quicket of by die Santos Express kantoor.


Kontak:

044 691 3980

[email protected]


Geniet ’n onvergeetlike aand by Santos Restaurant met goeie kos, atmosfeer en topklas vermaak.


DIRECTIONS

Hoort
The Stage Coach at Santos Express
1 Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions