After completing your Silver Ticket purchase, you will receive an email on 19 June (that's when the festival programme launches on Quicket) from [email protected] with a unique code to book tickets for any of the shows taking place during the 14th Silwerskerm Festival.
kykNET Silwerskermfees 2026 Silwer Kaartjie | kykNET Silwerskerm Festival 2026 Silver Ticket
Wed Aug 19, 08:00 - Sat Aug 22, 23:59
Event is online
ABOUT
Silwer Kaartjie | Silver Ticket
Die Silwer Kaartjie is ’n goue kaartjie – ’n paspoort wat jou vier dae volle toegang tot een van Suid-Afrika se grootste filmfeeste gee.
Die 14de kykNET Silwerskermfees, wat van 19 tot 22 Augustus vanjaar by The Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied word, beloof om weer ’n vyfstergeleentheid te wees. Daar is premières van drie nuwe Afrikaanse speelfilms asook kortfilms deur gevestigde én opkomende filmmakers. Die program spog ook met vyf splinternuwe kort dokumentêre wat ware Suid-Afrikaanse stories skouspelagtig vasvang. Ook op die program is eksklusiewe voorskoue van nuwe programme wat op DStv-kanale uitgesaai gaan word, en werkswinkels en paneelbesprekings waar kundiges hulle kennis sal deel.
Om dit alles te kroon, word die Silwerskermtoekennings vir Film en TV die Saterdag oorhandig. By dié glans-okkasie Saterdagaand met al wat ’n ster is, word nie net die beste prestasies by vanjaar se Silwerskermfees vereer nie, maar ook die beste in Afrikaanse TV van die afgelope jaar. En dan word daar ná die tyd behoorlik gepartytjie.
Die eregaste by die kykNET Silwerskermfees is elke jaar die mense wat voor en agter die kameras aan die films op die feesprogram gewerk het. Vanjaar is dit nie anders nie, en vir hulle is daar elkeen ’n uitnodiging na die fees.
Maar hoe gemaak as jy nie deel van hierdie groep is nie en geen hand in werk op die feesprogram gehad het nie? Geen probleem nie. Vanjaar is daar ’n spesiale kaartjie te koop vir alle persone in die bedryf wat die fees wil bywoon, asook vir lede van die publiek: die Silwer Kaartjie.
Hoe werk dit?
’n Silwer Kaartjie, wat teen R1 000 beskikbaar is, gee jou volle toegang tot die fees. Dit sluit die partytjie ná die toekennings by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (CTICC) in, ’n kaartjie wat op sy eie R400 kos. Jy kan dus van Woensdagoggend tot Saterdagaand deel van hierdie groot geleentheid op die Suid-Afrikaanse vermaakkalender wees.
Die program vir vanjaar se kykNET Silwerskermfees word op 19 Junie bekend gemaak. Genooides en Silwer Kaartjie-houers sal albei op 19 Junie hul koepons ontvang en sal dan die geleentheid kry om oor die naweek (van 20 en 21 Junie) eerste te bespreek vir aanbiedings op die feesprogram. Op 22 Junie maak verkope vir die algemene publiek oop, wat dan kaartjies vir alle vertonings of sessies sal kan koop wat nog nie vol is nie.
Met ’n Silwer Kaartjie kan jy vir enige van die volgende bespreek:
• 3 premières van nuwe Afrikaanse speelfilms
• 6 kortfilms deur opkomende filmmakers
• 4 kortfilms deur gevestigde filmmakers
• 5 kort dokumentêre
• 1 vollengtedokumentêr
• 2 voorskoue van nuwe dramareekse
• 2 voorskoue van nuwe realiteitsreekse
• 1 voorskou van ’n nuwe dokumentêre reeks
• 3 werkswinkels
• 4 paneelgesprekke
• Silwerskermtoekennings plus die partytjie ná die tyd
Vir meer inligting oor hierdie kaartjie, stuur ’n e-pos aan [email protected].
The Silver Ticket is your golden ticket – a passport giving you four days’ full access to one of South Africa’s biggest film festivals.
The 14th kykNET Silwerskerm Festival, which takes place from 19 to 22 August this year at The Bay Hotel in Camps Bay, Cape Town, promises to be another five-star event. There are premieres of three new Afrikaans feature films as well as short films by established and emerging filmmakers. The programme also boasts five brand-new short documentaries that capture true South African stories spectacularly. Also on the programme are exclusive sneak peeks of new programmes to be broadcast on DStv channels, and workshops and panel discussions where experts will share their knowledge.
To crown it all, the Silwerskerm Film and TV Awards will be presented on the Saturday. This glitzy Saturday evening gala event, attended by all the stars, will honour not only the best achievements at this year’s Silwerskerm Festival, but also the best in Afrikaans television of the past year. And this will be followed by a swinging after-party.
The guests of honour at the kykNET Silwerskermfees each year are the people who worked in front of and behind the cameras on the films in the festival programme. This year is no different, and each of them receives an invitation to the festival.
But what if you are not part of this group and had no hand in creating content on the festival programme? No problem. This year, a special all-access ticket is on sale for all those involved in the film and TV industry who wish to attend the festival, as well as for members of the public: the Silwer Kaartjie.
How does it work?
A Silver Ticket, available for R1 000, gives you full access to the whole festival. This includes the post-awards party at the Cape Town International Convention Centre (CTICC) – a ticket that on its own costs R400. So, you can be part of this major event on the South African entertainment calendar from Wednesday morning to Saturday evening.
The programme for this year’s kykNET Silwerskerm Festival will be announced on 19 June. Both invitees and Silver Ticket holders will receive their vouchers on 19 June and will then have the opportunity to book first for everything on the festival programme over the weekend (of 20 and 21 June). On 22 June, sales open to the public, who will then be able to buy tickets for any screenings or sessions that are not yet full.
With a Silver Ticket, you can book for any of the following:
• 3 premieres of new Afrikaans feature films
• 6 short films by emerging filmmakers
• 4 short films by established filmmakers
• 5 short documentaries
• 1 feature-length documentary
• 2 previews of new drama series
• 2 previews of new reality series
• 1 preview of a new documentary series
• 3 workshops
• 4 panel discussions
• Silwerskerm Awards plus the after-party
For more info about this ticket, please send an email to [email protected]
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: