No under 18s

Bloemhof Saamkuier met Jak de Priester & Band

Fri Jun 19, 18:30 - Fri Jun 19, 23:00

Bloemhof Girls' High School

ABOUT

Bloemhof en Vriende bied met trots Jak de Priester & Band aan.


Jak de Priester is al vir baie jare ’n bekende naam in die Afrikaanse musiekbedryf met groot treffers soos Sally Williams Nougat, Binnelanders, Roer jou voete en vele meer. Na baie jare is hy steeds aan die gang en vier hy 25 jaar in die musiekbedryf. Hierdie mylpaal word gevier met ’n konsert by Bloemhof vol geliefde liedjies, oud en nuut aangevul deur Jak se stories en staaltjies soos net hy dit kan vertel.


Bring jou vriende en sluit by ons aan vir ’n gesellige Saamkuier-aand met heerlike Kerrie & Rys, gevolg deur sy musiekvertoning waarna ons die stoele wegskuif vir ‘n bietjie dans.


Datum: 19 Junie 2026

Ete: 18:00 - 19:30

Vertoning: 19:30 - 21:00

Prys: R350 sluit die vertoning en kerrie & rys in

Plek: Bloemhof Saal

Parkering: Op en rondom die perseel

Koffie en ander verversings beskikbaar


DIRECTIONS

Bloemhof Saamkuier met Jak de Priester & Band
Bloemhof Girls' High School
Koch Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions