HMS Bloemhof

About

Jak de Priester is al vir baie jare ’n bekende naam in die Afrikaanse musiek met groot treffers soos Sally Williams Nougat, Binnelanders, Roer jou voete en vele meer. Na baie jare is hy steeds aan die gang en vier hy 25 jaar in die musiekbedryf. Hierdie mylpaal word gevier met ’n konsert by Bloemhof vol geliefde liedjies, oud en nuut aangevul deur Jak se stories en staaltjies soos net hy dit kan vertel.


Bring jou vriende en sluit by ons aan vir ’n gesellige Saamkuier aand- heerlike Kerrie & Rys, gevolg deur sy musiekvertoning waarna ons die stoele wegskuif vir ‘n bietjie dans.

Tyd: 18:00 vir 18:30

Vertoning: begin om 19:30

Prys: R350 sluit die vertoning en kerrie & rys in

Plek: Bloemhof Sentrum

Parkering: Op en rondom die perseel

Koffie en ander verversings beskikbaar