Jou kaartjies is in jou mandjie vir 10 minute. Voltooi asseblief jou aankoop om jou plek te bevestig.
No under 16s

TOO GLAM TO GIVE UP!! Women's Month Experience | Pretoria

Sat Nov 7, 17:30 - Sat Nov 7, 21:00

The Glen Venue

ABOUT

TOO GLAM TO GIVE UP!!

’n Aand van inspirasie, vrouwees en selfvertroue.


Kom geniet ’n spesiale aand saam met Magda Calitz, ’n passievolle bemagtiger van vroue en jong meisies, en stigter van Maak ’n Kopskuif en Skuif Jou Kroon Reg.


Magda se passie is om vroue te inspireer om te onthou wie God hulle gemaak het om te wees, om hul identiteit te herontdek, hul waarde raak te sien en met meer selfvertroue te leef.


TOO GLAM TO GIVE UP! ’N JAARLIKSE VROUE-AAND

Too Glam To Give Up is ’n jaarlikse vroue-aand wat deur Skuif Jou Kroon Reg aangebied word. ’n Spesiale aand waarna ons wil hê vroue elke jaar kan uitsien.

Een aand. Een keer ’n jaar.


Hierdie jaar se tema: Ontmoet jou Selftalk Stalker!

Die manier waarop ons met onsself praat, beïnvloed dikwels hoe ons onsself sien. En dis presies waaroor Magda met julle gaan gesels!

Daardie stemmetjie in jou kop wat jou laat twyfel, jou met ander laat vergelyk of jou laat wonder of jy goed genoeg is?

Wel… dalk is dit tyd dat julle mekaar behoorlik ontmoet!


Verwag humor, herkenbare oomblikke en ’n vars perspektief op jou selftalk, jou selfbeeld en jou selfvertroue, met ’n boodskap wat jou sal laat dink.


Daar is natuurlik ook tydjie om lekker saam te kuier, te lag en die aand te geniet, met alkoholvrye Glam Mocktails, ons Pink Carpet en ’n fotohoek om ’n paar mooi herinneringe vas te vang!


BESONDERHEDE

Datum: Saterdag, 7 November 2026

Tyd: 17:30–21:00

Plek: The Glen Venue, Pretoria-Oos

Kaartjies:

  • Individuele kaartjie R300
  • Groepkaartjie vir 5 vroue R1 350


DRESSCODE: CASUAL GLAM

Kom soos jy is, trek iets aan waarin jy mooi én gemaklik voel, en voeg gerus ’n bietjie bling by as jy lus is! Dit kan jou gunsteling jeans en ’n mooi toppie wees, of sommer ’n rok wat jy reeds in jou kas het. Die belangrikste is dat jy gemaklik voel en die aand kan geniet!


Bespreek julle kaartjies van lekker kuier, inspirasie en ’n boodskap wat jou sal herinner aan wie God jou gemaak het om te wees.


Kom woon die aand by in 'n groep van 5 vriendinne en bespreek julle groepkaartjie vir R1 350!

Bespreek NOU jou kaartjie op Quicket of besoek www.maaknkopskuif.com.


Kom geniet 'n aand wat jy lank gaan onthou!!!

TOO GLAM TO GIVE UP!


Ons sien jou daar!


DIRECTIONS

TOO GLAM TO GIVE UP!! Women's Month Experience | Pretoria
The Glen Venue
190 Corobay Ave, Garsfontein, Pretoria, 0081, South Africa
Get Directions