Kaartjies is beperk - Net 'n sekere hoeveelheid kaartjies beskikbaar Bespreek Nou!
No under 16s

SKUIF JOU KROON REG

Sat May 30, 10:00 - Sat May 30, 14:00

The Wine Barrel

ABOUT

SKUIF JOU KROON REG

Ontdek weer wie jy is… en stap weg met nuwe selfvertroue



Na die pragtige ervarings wat reeds soveel vroue geraak het, bring ons nou

SKUIF JOU KROON REG na Vanderbijlpark – ’n intieme, elegante vroue-ervaring waar jy kan herlaai, reflekteer en weer jou waarde onthou.


Aangebied deur Magda Calitz

Met ’n opregte hart vir vroue en ’n passie om ander te help om hul identiteit en waarde te herontdek, neem Magda jou op ’n betekenisvolle en sagte reis van binne

herstel en inspirasie.


Dit is meer as net ’n event…

Dit is ’n veilige, warm spasie waar jy net kan wees, asemhaal en weer met jouself connect.


’n Warm, cosy wintersoggend wag vir jou

Kom geniet ’n knus oggend by The Wine Barrel in Vanderbijlpark – ’n venue vol karakter en sjarme. Dink aan sagte lig, warm drankies, mooi dekor en ’n atmosfeer wat jou dadelik laat ontspan. Die rustige surroundings en stylvolle uitleg maak dit die perfekte plek om weg te breek van die gejaag en weer by jouself uit te kom.


Wat maak hierdie ervaring spesiaal?

Deur inspirerende gesprekke, begeleide refleksie en egte konneksie, skep ons ’n oggend wat jou help om:

  • weer jou ware identiteit te onthou
  • jou innerlike krag te herontdek
  • met nuwe perspektief en ligtheid weg te stap


Wat om te verwag:

  • Eerlike, inspirerende gesprekke
  • Begeleide refleksie wat jou anders laat dink oor jouself
  • ’n Sagte, veilige spasie waar jy nie hoef voor te gee nie
  • Warm drankies en betekenisvolle konneksie
  • Pienk tapyt en kroon foto-oomblikke
  • Spesiale oomblikke wat jy lank sal onthou!


Besonderhede:

The Wine Barrel, Vanderbijlpark - 30 Mei 2026

Deure open: 10:00

Program begin: 10:30 stiptelik

Eindig: 14:00


Beperkte sitplekke beskikbaar – sodra dit vol is, sluit besprekings.


Moenie hierdie een uitstel nie… jy weet wanneer iets vir jou bedoel is.

Bespreek nou!


Elke vrou dra ’n kroon… soms moet ons dit net help regskuif.

DIRECTIONS

SKUIF JOU KROON REG
The Wine Barrel
1911, Stefano Park AH, Vanderbijlpark, 1911, South Africa
Get Directions