Kaartjies is beperk - Net 'n sekere hoeveelheid kaartjies beskikbaar Bespreek Nou!
No under 16s

SKUIF JOU KROON REG

Sat May 30, 10:00 - Sat May 30, 14:00

The Glen Venue

ABOUT

SKUIF JOU KROON REG

Ontdek weer wie jy is… en stap weg met nuwe selfvertroue


Jy hou alles bymekaar… maar diep binne voel jy jouself ’n bietjie verloor.

Jy daag op. Jy gee. Jy doen wat jy moet…

maar iewers langs die pad het jy jouself effens stilgemaak.


Na die pragtige ervarings wat reeds soveel vroue geraak het, bring ons nou Skuif Jou Kroon Reg na Vanderbijlpark - ’n intieme, elegante vroue-ervaring waar jy weer kan asemhaal… en onthou wie jy werklik is.


Aangebied deur Magda Calitz

Met ’n opregte hart vir vroue en ’n diep passie om ander te help om hul identiteit en waarde te herontdek, lei Magda jou deur ’n eerlike, sagte en diep ervaring van binne-herstel en inspirasie.


Dit is meer as net ’n event…

Dit is ’n veilige, warm spasie waar jy nie hoef voor te gee nie.

Waar jy net kan wees.


’n Warm, knus wintersoggend wag vir jou

Kom geniet ’n rustige oggend by The Wine Barrel in Vanderbijlpark - ’n venue vol karakter en sjarme.


Dink aan sagte lig, warm drankies, mooi dekor en ’n atmosfeer wat jou dadelik laat ontspan… Die perfekte plek om weg te breek van die gejaag en weer by jouself uit te kom.


Wat maak hierdie ervaring spesiaal?

Deur inspirerende gesprekke, sagte begeleiding en egte konneksie, skep ons ’n oggend wat jou help om:

• weer jouself raak te sien… sonder maskers

• die deel van jou wat jy lanklaas gevoel het, weer te ontmoet

• ligter, sagter en meer “jy” daar uit te stap


Wat om te verwag:

• Eerlike, inspirerende gesprekke

• Begeleide refleksie wat jou anders laat dink oor jouself

• ’n Sagte, veilige spasie waar jy nie hoef voor te gee nie

• Warm drankies en betekenisvolle konneksie

• Pienk tapyt en kroon foto-oomblikke

• Spesiale oomblikke wat jy lank sal onthou


Besonderhede:

The Wine Barrel, Vanderbijlpark

30 Mei 2026

Deure open: 10:00

Program begin: 10:30 (stiptelik)

Eindig: 14:00


Belangrik:

Daar is net ’n beperkte aantal sitplekke…

en wanneer dit vol is, is dit vol.


Hierdie ervaring is vir die vrou wat sterk lyk…

maar diep binne weet sy het ’n bietjie van haarself verloor.


Moenie hierdie een uitstel nie…

Jy weet wanneer iets vir jou bedoel is.


Hierdie is jou teken. Bespreek jou plek nou!


Elke vrou dra ’n kroon…

soms moet ons dit net help regskuif.


DIRECTIONS

SKUIF JOU KROON REG
The Glen Venue
190 Corobay Ave, Garsfontein, Pretoria, 0081, South Africa
Get Directions