?? Beperkte sitplekke beskikbaar – moenie te lank wag om jou plek te bespreek nie ??
No under 16s

SKUIF JOU KROON REG

Sat May 23, 09:00 - Sat May 23, 13:00

Ouma Isie's Tea Garden and Restaurant

ABOUT

Skuif jou kroon reg

’n Intieme vroue-ervaring in Centurion.



Na ’n kragtige ervaring in die Oos-Rand, bring ons nou

SKUIF JOU KROON REG na Centurion - ’n Intieme, Elegante Vroue-ervaring waar jy kan herlaai, reflekteer en weer jou waarde onthou.


Aangebied deur Magda Calitz

Met ’n hart vir jong meisies en vroue, en ’n passie om ander te help om hul waarde en identiteit te herontdek, lei Magda jou deur ’n betekenisvolle en

inspirerende ervaring.

Dit is meer as net ’n event… dit is ’n veilige, sagte ruimte waar jy net kan wees, asemhaal en weer met jouself connect.



Wat maak hierdie ervaring spesiaal?

Deur inspirerende gesprekke, begeleide refleksie en egte konneksie, skep ons ’n oggend wat jou help om:

  • weer jou ware identiteit te onthou
  • jou innerlike krag te herontdek
  • met nuwe perspektief en ligtheid weg te stap


Ouma Isie’s Tea Garden (Centurion)

’n Pragtige, rustige venue in die hart van Centurion - met mooi gedekte tafels, warm drankies en ’n sagte, elegante atmosfeer… die perfekte plek om te herconnect met jouself en ander vroue.


Beperkte sitplekke beskikbaar - sodra dit vol is, sluit besprekings.


Wat om te verwag:

  • Eerlike, inspirerende gesprekke
  • Begeleide refleksie wat jou laat anders dink oor jouself
  • ’n Sagte, veilige spasie waar jy nie hoef voor te gee nie
  • Warm drankies & betekenisvolle konneksie
  • Pienk Tapyt & kroon foto-oomblikke
  • Spesiale oomblikke wat jy lank sal onthou!


Deure open: 09:00

Program begin: 09:30 stiptelik

Eindig: 13:00


Moenie hierdie een uitstel nie.

Jy weet wanneer iets vir jou bedoel is…

Bespreek Nou


Elke vrou dra ’n kroon… soms moet ons dit net help regskuif

DIRECTIONS

SKUIF JOU KROON REG
Ouma Isie's Tea Garden and Restaurant
53 Jan Smuts Ave, Irene, Centurion, 0157, South Africa
Get Directions