Family friendly

GAMKA KLASSIEK 2026

Fri Jun 5, 09:00 - Sun Jun 7, 13:00

The Showroom Theatre

ABOUT

Feesopening met Langtafel - ontmoet die kunstenaars

‘n Plesierige makietie met feestelike kos, marimba musiek en gesellige gaste wat ’n glasie klink! Die Langtafel word gedek in die straat voor die Swartberg Hotel. Gaste sal met hulle aankoms ’n komplimentêre glas wyn ontvang en kennis maak met die kustenaars, wat amptelik deur seremoniemeester Johan Rademan aan hulle voorgestel word.

16:00 / Langtafel voor Swartberg Hotel / R260 pp. Sluit ‘n glas wyn met aankoms in. (Nie deel van die naweekpakket nie – bespreek en betaal afsonderlik)


Afrikaans my Hart

Karoo in Klank: ’n Nostalgiese viering van die Afrikaanse taal

’n Magiese aand vol musiek en ritme van die Karoo. Twee uitmuntende sangers — Magdalene Minnaar en William Berger — bring hul stemme saam in ’n keur van bekende en geliefde Afrikaanse liedjies. Van die tydlose treffers van David Kramer en Laurika Rauch tot die diepgewortelde melodieë van Coenie de Villiers, word die ryk erfenis van Afrikaans op indrukwekkende wyse gevier. ’n Konsert wat emosie, nostalgie en trots in elke noot vasvang.

19:00 | NG Kerk / R175 pp


Fluit & Strykers

‘n Suiwer instrumentele ervaring wat die skoonheid van die fluit beklemtoon, vergesel deur ‘n strykkwartet

Laat jou meevoer deur die kragtige eenvoud van slegs vyf instrumente – ’n strykkwartet wat drie uiteenlopende, maar ewe indrukwekkende komposisies tot lewe bring. Werke van Beethoven, Mozart en Boccherini word met gevoel en finesse uitgevoer. Hierdie uitvoering beloof ’n ervaring wat diep emosie en tydlose skoonheid in elke noot vasvang.

13:00 | Royal Venue, Swartberg Hotel / R95 pp


ATKV Gala Aand - Opera Gunstelinge

’n Aand van passie, drama en tydlose melodieë

Betree die wêreld van operagrootmeesters soos Mozart, Händel en Donizetti in hierdie betowerende program van geliefde opera-arias en instrumentale gunstelinge. Ons talentvolle soliste gee lewe aan hierdie indrukwekkende werke met begeleiding deur ’n strykkwartet, fluit en klavier. Die hoogtepunt van die naweek!

??19:00 | NG Kerk / R175 pp


Koffiekonsert met Take Four Piano Quartet

’n Viering van vriendskap, finesse en meesleurende musiek – opgedra aan Rudolf Gouws

Geniet ’n laatoggend vol warmte en elegansie saam met die Take Four Piano Quartet: vier uitmuntende musikante wie se jarelange vriendskap weerspieël word in hul harmonieuse klanke en unieke chemie op die verhoog. In hierdie koffiekonsert bring hulle werke van Johannes Brahms en Robert Schumann tot lewe in ’n uitvoering wat sowel tegniese vernuf as diep gevoel beliggaam. ‘n Ware fees vir die ore én die siel.

11:30 / The Showroom / R160 pp


Naweekpakket – spesiale aanbod.

Bespreek en betaal vir al vier die konserte teen die afslagprys van R530 per persoon. Sluit nie die Feesopening met Langtafel in nie – bespreek en betaal afsonderlik.




KUNSTENAARS:

Magdalene Minnaar (Sopraan)

William Berger (Bariton)

Malané Hofmeyr-Burger (Dwarsfluit)

Zanta Hofmeyr (Viool 1)

Annien Shaw (Viool 2)

Jeanne-Louise Moolman (Altviool)

Susan Mouton (Tjello)

Elna van der Merwe (Klavier)

Gaskunstenaars (opkomend):

Chloë Loggerenberg (Sopraan)

Ryan Hurst (Bariton)

DIRECTIONS

GAMKA KLASSIEK 2026
The Showroom Theatre
43 Church St, Prince Albert, 6930
Get Directions