TCHIYA MANNEKAMP

Fri Jul 24, 15:00 - Sun Jul 26, 12:00

Esperanza

ABOUT

24–26 Julie | Esperanza, Viljoenskroon


Beskrywing

Hierdie kamp is vir jong én oud - vir elke gelowige wat honger is vir meer van God.

Kom beleef ’n naweek waar jy geïnspireer, aangeraak en geestelik wakker gemaak word. Die fokus is om jou toe te rus vir ’n aktiewe en kragtige rol in jou kerk en gemeenskap deur vier kernareas:


Beleef

Ervaar die teenwoordigheid van die Heilige Gees en hoor kragtige getuienisse saam met Tienie van Niekerk en Willie Richards.


Behoort

Ontdek jou ware identiteit in Christus saam met Murdock van Straten.


Bemagtig

Ontvang genesing en bevryding vir ’n nuwe seisoen saam met Murdock van Straten en Ernie Amos.


Bedien

Ontdek hoe en waar jy ’n verskil kan maak saam met Pieter-Nel Klopper en George Heerschop.


Leiers en gelowiges sal saam vloei in die krag van God, vestings breek en die realiteit van tekens en wonders beleef.

___________________________________________________________________________________________________________

Belangrike Inligting

  • Kostes sluit alle maaltye in.
  • Beperkte plekke beskikbaar - bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
  • Bring jou eie beddegoed en kussing saam.


Kamp Skedule:

Vrydag

15:00 – Hekke open

18:30 – Aandete


Saterdag

07:30 – Ontbyt

13:00 – Middagete

18:30 – Aandete


Sondag

07:30 – Ontbyt

Afsluitingsessie



Vir meer inligting of navrae kontak gerus vir George Heerschop 060 997 3603 of Wilie Richards 082 857 4808.

DIRECTIONS

TCHIYA MANNEKAMP
Esperanza
Kroonstad, South Africa
Get Directions