VERANDERDE LEWENS GEMEENTE
About
Op Avontuur saam met Jesus – Vakansiefees 2026
Kom kry jou paspoort en gaan saam met ons op ’n onvergeetlike avontuur saam met Jesus!
Hierdie vakansiefees is spesiaal ontwerp vir laerskoolkinders (6–13 jaar) en is ’n geleentheid waar kinders kan speel, ontdek, groei en God beter leer ken in ’n veilige en opbouende omgewing.
Ons reis saam deur Jesus se lewe – van die woestyn tot dorpe vol wonderwerke, tot by die kruis en die opstanding. Elke dag bring ’n nuwe avontuur, nuwe lesse en hope pret!
Wanneer?
29 Junie – 2 Julie 2026
(Maandag tot Donderdag – 4 dae)
Registrasie: 07:00
Program: 08:00 – 13:00
Wat om te verwag
- Daaglikse temas uit Jesus se lewe
- Speletjies, kreatiewe aktiwiteite en buitelugpret
- Lofprysing, kleingroepe en gebed
- Daaglikse geheueverse en ’n wen-span
Elke dag is vol: FUN, FOOD, FELLOWSHIP en FAITH
Ons ondersteun ook Maer Magrietjie — bring asseblief elke dag ’n niebederfbare kos-item saam om te skenk.
Veiligheid
Ons vrywilligers is geverifieer en opgelei om ’n veilige en liefdevolle omgewing te verseker.
Kos ingesluit
Versnaperings, hoofetes, bederfies, asook tee, koeldrank en water word gereeld deur die program voorsien.
Kostes
R100 per kind (eenmalig)
Dek die volle 4 dae van die vakansiefees.
(Gebruik kind se naam, van en graad as verwysing.)