No under 13s

Spontaan Lipstiffie Werkswinkel @ Pressed Café

Wed Oct 21, 09:00 - Wed Oct 21, 11:00

Pressed Café

ABOUT

Kom speel met kleur, kuier saam en skep ’n lipstiffie wat nét joune is.


Tydens die Spontaan Lipstiffie Werkswinkel by Pressed Café neem ons jou stap vir stap deur die proses om jou eie unieke lipstiffiekleur te meng en jou eie lipstiffie te maak.


Jy kies. Jy meng. Jy skep.


En aan die einde van die werkswinkel stap jy huis toe met jou eie handgemaakte lipstiffie in ’n kleur wat jy self geskep het.


Jou kaartjie sluit in:

  • ±2 uur begeleide Lipstiffie Werkswinkel
  • Al die bestanddele en materiaal wat jy nodig het
  • Die skep van jou eie unieke lipstiffiekleur
  • Jou voltooide lipstiffie om huis toe te neem

Plek: Pressed Café, Kempton Park

Datum: 21 Oktober 2026

Kaartjie: R350 p.p.

Geen vorige ervaring nodig nie — bring net jouself, jou kreatiwiteit en dalk ’n vriendin of twee.


Beperkte plekke beskikbaar.

DIRECTIONS

Spontaan Lipstiffie Werkswinkel @ Pressed Café
Pressed Café
32 Fiskaal St, Glen marais, Kempton Park, 1619, South Africa
Get Directions

DISCOVER