GESONDE KOS KAN LEKKER EN PRETTIG WEES

Tue Mar 17, 18:00 - Tue Mar 17, 20:00

Laerskool Jan Van Riebeeck

ABOUT

Gesonde kos kan lekker en prettig wees!

Werskwinkel 17 Maart: Laerskool Jan van Riebeek

18H00-20H00


Kom deel ’n prettige, interaktiewe aand saam met jou kind en leer speel-speel oor gesonde kos. Ons ontdek saam hoe goeie kos lyfies sterk, gelukkig en vol energie maak.

Hierdie werkswinkel is ontwerp vir ouers en kinders om saam te leer, te luister, te vra en te doen.

Aanbieder: Vickie de Beer

Skrywer van Kombuistaal, ’n speelse kookboek vir kinders (en grootmense), met gesonde resepte en rympies vol pret deur Antjie Krog.


Wat die aand insluit:

Koffie, sap en bloubessie-muffins wanneer julle aankom.

– ’n Geselsie oor gesonde koskeuses, met aktiewe deelname van die kinders

– ’n Vinnige bak-en-brousessie waar ouer en kind saam kos maak – jy neem ook jou, happies en eie mengbak en lepel huis toe!

Jou eie kopie van Kombuistaal om huis toe te neem


Dinsdagaand 17 Maart

18h00-20h00

Laerskool Jan van Riebeeck, skoolsaal

52 Kloofstraat, CBD, Kaapstad


DIRECTIONS

GESONDE KOS KAN LEKKER EN PRETTIG WEES
Laerskool Jan Van Riebeeck
52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000, South Africa
Get Directions