Voel die Herfs (Op Ons Plaas)
Sat Mar 7, 16:30 - Sat Mar 7, 21:00
La Rochelle Farm
ABOUT
Dis weer tyd vir die jaarlikse optrede op ons plaas. Daar is elke jaar groot opgewondenheid om julle hier by ons huis in die Suide van Gauteng te verwelkom! En van nou af noem ons dit "VOEL DIE HERFS"
Vir die van julle wat nuut is tot hierdie jaarlikse tradisie...
1) Ons plaas is so 40km suid van Johannesburg. Dit is 'n beeldskone omgewing met heuwels en bome en baie liefde.
2) Jy kan al jou kos ook hier op Quicket bestel. Ons launch die aand van die 7de ook ons eie "The Villagers Coffee CO & Farm Café" wat gaan verseker dat julle goeie artisan koffie en ander drankies kan geniet.
3) BRING ASB. JOU EIE
WYN/BIER
KAMPSTOEL
IETS WARMS
KONTANT (My kinders gaan vir seker weer 'n stalletjie of 2 hê waar julle met kontant kan koop)
Ons kan nie wag om Herfs saam met julle te voel onder die akkerbome hier voor ons huis nie!
Al ons liefde