FREE OPTIONS
Family friendly

Merweville klas deur Die Anties

Mon Jun 29, 09:00 - Mon Jun 29, 13:00

Merweville

ABOUT

??? DIE ANTIES BRING HOOP VIR ’N BOERVROU IN MERWEVILLE ???

Op 29 Junie 2026 maak ons weer ’n draai in die hart van die Karoo… en hierdie keer is dit Merweville se beurt om ’n dag vol lig, kleur en hoop te beleef.

Kom sit ’n oomblik stil saam met ons… haal diep asem… en laat jou hande weer onthou hoe dit voel om te skep. Want hier gaan dit nie net oor verf nie — dit gaan oor genesing, verbinding en nuwe hoop. ??

?? Wat wag vir jou:

? ’n Gratis kunsklas – alles wat jy nodig het, word voorsien

? ’n Spesiale tyd om te lag, te gesels en net weer jouself te wees

? ’n Klein geskenkie, met groot liefde gegee

? ’n Boodskap wat jou hart sal aanraak – van geloof, hoop en vrouekrag

?? Ons missie:

Die Anties Bring Hoop is gebore uit ’n diep liefde vir mense en kuns. Ons reis oor duisende kilometers… nie net om verf te bring nie, maar om harte aan te raak, hande vas te hou en lig aan te steek waar dit soms donker voel.

?? Datum: 29 Junie 2026

?? Plek: Merweville

?? Koste: Heeltemal gratis – bring net jouself en ’n oop hart

?? Kontak: WhatsApp vir Mariette by 082 085 9492

Kom kuier saam met ons…

Kom lag sonder rede…

Kom huil as jy moet…

Kom droom weer.

Want saam kan ons lig bring —

een kwashaal op ’n slag. ???

DIRECTIONS

Merweville klas deur Die Anties
Merweville
Merweville, 6940, South Africa
Get Directions