Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Moorreesburg

Tue Mar 17, 07:00 - Tue Mar 17, 15:00

NGK Church

ABOUT

Verskeie boere, navorsers en akademici sal waardevolle raad om beter en volhoubaarder in die Swartland te boer by Landbouweekblad se herlewingslandboudag op Moorreesburg kry.


Een van die onderwerpe wat op Dinsdag 17 Maart getakel word, is of “heuweltjies” (kalkhope) ’n seëning of vloek in die Swartland is. Prof. Cathy Clarke van die departement grondkunde aan die Universiteit Stellenbosch sal lig op die saak werp.


Soos verlede jaar sal Suzanne Lureman, landbou-ekonoom by Overberg Agri op Moorreesburg, ekonomiese kwessies agter die plaashek bespreek.


Andries le Roux, dosent in presisielandbou by die departement agronomie aan die US, sal ’n oorsig oor die US-BFAP-leerstoel in presisieboerdery gee.


Die uitwerking van koringplantdigtheid en kultivar op onkruidonderderukking en koringprestasie was Jade Hans se onderwerp vir haar onlangse meestersgraad in agronomie, en sy deel veelseggende bevindings.


Skottelplanters en peulgewasse

Twee interessante boerepanele word gehou oor die praktiese gebruik van skottelplanters en die benutting van peulgewasse.


Sakkie du Toit, wat saam met sy seuns by Koringberg boer, en Wouter Bester, wat saam met sy pa, oom en broer by Moorreesburg boer, sal oor hul ondervinding met skottelplanters praat.


Die paneel oor peulgewasse sluit ’n paar ervare swaargewigte en energieke jong boere in. Gideon Melck van Hopefield sal oor lupiene praat, terwyl Johan Hanekom van Moorreesburg oor lupiene, erte en medics sal praat. Hentie Smit van Malmesbury sal oor sy pad met fababone gesels. ’n Boer van Piketberg se jare lange ervaring met medics en lupiene in wisselbou met koring sal gedeel word.


Die herlewingslandboudag begin om 08:00. Kaartjies kos R650 per persoon en sluit middagete in.


Rig navrae aan [email protected] of Reza Clifford by 079 917 3845 of [email protected].


***


PROGRAM

08:00 Verwelkoming – Amelia Genis

08:15 Die ekonomie van gemengde boerdery in die Swartland –Suzanne Lureman

08:50 Só werk skottelplanters op twee plase in die Swartland –Sakkie du Toit en Wouter Bester

09:40 Die uitwerking van koringplantdigtheid en kultivar op onkruidonderdrukking en koringprestasie – Jade Hans

10:00 TEE

10:40 Van plaasdata tot besluitneming: 'n Oorsig van die SU-BFAP-leerstoel in presisieboerdery – Andries le Roux

11:00 Boerepaneel oor peulgewasse –Gideon Melck, Johan Hanekom, Hentie Smit, boer van Piketberg

12:10 Ondervinding ná twee oeste met ’n saadvernietiger – Sakkie Rust

12:30 Heuweltjies in die Swartland: Seëning of vloek? (The Blessings and Curse of Heuweltjies (Kalkhope) in the Swartland ) –Cathy Clarke

13:15 Middagete


DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Moorreesburg
NGK Church
RMX6+3W Moorreesburg, South Africa
Get Directions