Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Moorreesburg

Tue Mar 17, 07:00 - Tue Mar 17, 15:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

OORLEEF JY OF FLOREER JY?


By Landbouweekblad se oplossingsgedrewe herlewingslandboukonferensie op 17 Maart in die saal van die NG kerk Moorreesburg gaan ons saam gesels oor slim planne wat boerderye in die Swartland ondersteun.


Sprekers en temas sluit in:


  • Die oorsprong en ekologiese waarde van "heuweltjies" en hoe boere heuweltjieveld moet bestuur – Prof. Cathy Clarke, departement grondkunde, Universiteit Stellenbosch
  • Die ekonomie van gemengde boerdery in die Swartland – Suzanne Lureman, landbou-ekonoom, Overberg Agri
  • Wat beteken die nuwe leerstoel in presisieboerdery by Universiteit Stellenbosch vir die landbou? – Andries le Roux, departement agronomie, Universiteit Stellenbosch
  • ’n Paneelbespreking met boere: Die beste peulgewasse en praktyke vir die Swartland
  • ’n Paneelbespreking oor praktiese maniere om die koringbedryf op ‘n wenpad te plaas: boere en landboukundiges


Maak die oorgang van oorlewingslandbou na herlewingslandbou – jou pad na 'n winsgewende, volhoubare toekoms begin hier!


’n Kaartjie kos R650.


Rig navrae aan [email protected] of Reza Clifford by 079 917 3845 of [email protected].



DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Moorreesburg
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions