Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Ottosdal
Wed Apr 22, 07:00 - Thu Apr 23, 13:00
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
ABOUT
OORLEEF JY OF FLOREER JY?
Breek weg van chemiese afhanklikheid, finansiële druk en grondagteruitgang!
By Landbouweekblad en die Ottosdsal-geenbewerkingsklub se oplossingsgedrewe herlewingslandboukonferensie op 22 & 23 April op die Ottosdal-skouterrein gaan ons saam gesels oor slim strategieë vir koste-doeltreffende hulpbronbestuur en aktiewe grondherstel.
Vir die eerste keer word die konferensie oor twee dae aangebied en ’n propvol program met teoretiese en praktiese aspekte wag op konferensiegangers.
Meer inligting oor sprekers volg binnekort.
Ontdek hoe om jou plaas te transformeer na 'n volhoubare ekosisteem met diverse inkomstestrome, premium markte en grond wat jaar ná jaar verbeter.
Maak die oorgang van oorlewingslandbou na herlewingslandbou – jou pad na 'n winsgewende, volhoubare toekoms begin hier!
’n Kaartjie kos R1 250. Bespreek voor 14 Maart 2026 en betaal net R1 000.
Rig navrae aan [email protected] of Reza Clifford by 079 917 3845 of [email protected].