Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Reitz

Tue Mar 3, 07:00 - Wed Mar 4, 13:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

OORLEEF JY OF FLOREER JY?


Breek weg van chemiese afhanklikheid, finansiële druk en grondagteruitgang!


By Landbouweekblad en die Riemland-studiegroep se oplossingsgedrewe herlewingslandboukonferensie op 3 & 4 Maart op die Reitz-skouterrein gaan ons saam gesels oor slim strategieë vir geïntegreerde pesbestuur, koste-doeltreffende hulpbronbestuur en aktiewe grondherstel.


Hier sal jy nie net die teorie leer nie, maar eerstehands op die plaas Van Rooyenswoning kan sien hoe werk hoëdrukbeweiding en mobiele hoenderhokke; profielgate in die oudste no-till land en in ’n konvensionele land en ’n herlewingslandbou-abbatoir besoek; saam met Ryan Tippett, ’n veldgids, in die veld stap; en ’n VKB-kunsmisproef (vol organies | vol chemies | 50% organies en 50% chemies) van naderby bekyk.


Ontdek hoe om jou plaas te transformeer na 'n volhoubare ekosisteem met diverse inkomstestrome, premium markte en grond wat jaar ná jaar verbeter.


Maak die oorgang van oorlewingslandbou na herlewingslandbou – jou pad na 'n winsgewende, volhoubare toekoms begin hier!


Sprekers sluit in:


Grondgesondheid:

  • Prof. Karin Jacobs, Sporatec
  • Prof. Joana Falcão Salles, Groningen-universiteit, Nederland
  • Dr. Rikus Kloppers, Robigalia CropCare


Onkruid- en ondierbeheer

  • Dr. Juan Vorster, Universiteit van Pretoria
  • Dr. Johnnie van den Berg, Noordwes-universiteit


Boere

  • Magnus Theunissen, Ottosdal
  • Mike Leslie, Harrismith
  • Herman Enslin, Petrus Steyn
  • Pikkie Uys, Volksrust
  • DF Fyfer, Louwna


Kos en bemarking

  • Gary Jackson, Jackson’s Whole Food Market
  • Matthew Fox, sjef by die Saxon Hotel
  • Bertie Coetzee, Prieska-boer


Landboufinansiering

  • Themba Rikhotso, Land Bank
  • Michael Lilje, Orizon
  • PG Strauss, VKB


’n Kaartjie kos R1 950. Bespreek voor 14 Februarie 2024 en betaal net R1 700.


Rig navrae aan [email protected] of Reza Clifford by 079 917 3845 of [email protected].



DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2026 – Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions