Spontaan Damesoggend Swakopmund - 18 Julie 2026
Sat Jul 18, 10:00 - Sat Jul 18, 14:00
Johannesburg
ABOUT
SPONTAAN DAMESOGGEND — SWAKOPMUND
Venue sal nog bekend gemaak word
18 Julie 2026
Dit stop by my.
Swakopmund… dis jou beurt.
’n Oggend waar vroue opdaag soos hulle is — en wegstap ligter, sterker en meer seker van wie hulle is.
2026 se tema gaan jou baie naby tref:
Dit stop by my.
Dis daardie besluit wanneer ’n vrou uiteindelik klaar maak met alles wat haar terughou… en instap in die nuwe jy wat God oor haar roep.
Wat jy kan verwag:
• ’n Lig, warm, inspirerende oggend — vol lag, herkenning en “oef, ek het dit nodig gehad”-momente.
Hier kom jy ná aan jouself, aan jou hart en aan die vrou wat jy besig is om te word.
• Gesprekke en stories wat jou aanmoedig om los te laat wat swaarder word… en vas te hou aan wat regtig saak maak.
• ’n Sagte, veilige atmosfeer waar jy net kan asemhaal en weer by jouself uitkom.
En dan — die highlight: jou eie Lipstiffie Werkswinkel!
Dis ingesluit by jou kaartjie.
Geen ervaring nodig nie — net jy.
Jy gaan:
• Jou eie kleur meng
• Jou lipstiffie self maak
• Die perfekte tint huis toe neem
• ’n Nuwe girlie-skill leer
• En hope pret hê saam ander vroue
Dis gemaklik, kreatief en so uniek aan Spontaan.
Op die dag beskikbaar:
• Spontaan se 100% natuurlike skoonheidsprodukte
• Signature Spontaan™ T-hemde
• Die boek “Bekleed met Lig”
• En ’n paar eksklusiewe items net vir Namibia
Goodiebag:
Elke gas kry ’n bederf-sakkie vol mooi, nuttige en lekker items — plus kans om groot pryse te wen.
Waarom jy dit nie moet mis nie:
Want party oggende trek jou nader —
en jy wéét sommer: dis vir my.
Dis lig.
Dis lekker.
Dis helend op die mooiste manier.
Dis vir die vrou wat sê:
“Dit stop by my. Ek kies die nuwe ek.”
Bespreek jou sitplek. Jy’s so welkom hier.