Family friendly
Hoe om met ‘n kerk se volunteers te werk?
Thu Jan 29, 08:30 - Thu Jan 29, 16:00
Event is online
ABOUT
Vrywilligersbestuur – Geloofsgroei eerder as goedkoop arbeid – Bestuurswetenskappe in die Koninkryk.
Gemeentes is afhanklik van vrywilligers en diens in ‘n gemeente word gesien as ‘n daad van geloof deur lidmate. Dikwels word die tydperk van diens met uitbranding, onsmaaklikheid en frustrasie tot ‘n einde gebring. Hierdie seminaar wil uit die bestuurswetenskappe leraars en gemeentes in staat stel om die basis van vrywilligers die ontwikkel, vrywilligers te motiveer en behou.
Die bestuur van vrywilligers tydens hulle diens o.l.v. ‘n gemeente is ‘n volgende fase van geloofsgroei en nie goedkoop arbeid nie. Verantwoordbare bestuur bevestig vrywilligers se roeping en ondersteun hulle geloofsgroei. Daar is ‘n onderliggende boodskap wat vrywilligers vertaal vanuit die tipe bestuur wat hulle ontvang. ‘n Deeglike bestuursplan vertaal in die erkenning van roeping, kommunikeer waardering, bevorder onderskeiding en fasiliteer geloofsgroei aan die kant van beide vrywilligers en betaalde personeel.
In hierdie eendag seminaar word ‘n teologiese raamwerk geskep wat bedoel is om na te dink oor die bestuur van vrywilligers. Vanuit hierdie raamwerk word die omgaan met vrywilligers in twaalf verskillende onderwerpe verdeel. Elkeen van hierdie onderwerpe word uitgepak sodat persone wat met vrywilligers werk weet waarom die onderwerp belangrik is, die rol wat die onderwerp speel in die verstaan van die werk waaroor die vrywilliger aangestel word en hoe hierdie onderwerp geloofsgroei in die vrywilliger ondersteun.
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word.
Kontak Rika van Rensburg by [email protected] vir enige navrae