Skryfterapie Werkswinkel
Sat Oct 11, 08:30 - Sat Oct 11, 13:30
Departement Joernalistiek
ABOUT
Werkwinkels: Skryf as terapie
“Daar is geen pyn so groot soos om ’n onvertelde storie in jou binneste te dra nie.”
– Maya Angelou (1928–2014)
Die wêreldberoemde outeur Maya Angelou het haar eie lewe in talle outobiografiese boeke neergeskryf en daarmee miljoene mense geraak. Vandag weet ons ook: skryf as terapie is wetenskaplik bewys – dit help nie net om negatiewe emosies te verwerk nie, maar dra selfs by tot jou fisiese gesondheid. Studies wys dat skryf onder andere bloeddruk kan verlaag en jou immuunstelsel kan versterk.
Die Ithemba Stigting bied twee “Skryf as terapie”-werkwinkels aan op Saterdag 11 Oktober in Stellenbosch:
- Oggendsessie: 08:30 vir 09:00
- Middagsessie: 13:30 vir 14:00
Die werkwinkels word aangebied deur stigter van Ithemba en outeur van die boek Om tot verhaal te kom, prof. Lizette Rabe.
Vir navrae: [email protected]
Let wel: Die werkwinkels word in Afrikaans aangebied.
’n Aanbieding oor skryf as terapie in Engels deur prof. Rabe volg by die algemene jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse tak van die internasionale organisasie The Compassionate Friends op 1 November.
Vir meer inligting: Alta Volschenk – [email protected]